GalleriesLocal newsNewsNewsSchool sportSchoolsSchools galleriesSportSports galleries

Rammetjie rugby groot pret by Bouwer Park

Die rugbyveld is in vier kleiner velde omskep, behoorlik met mini-pale. Op elke veld was daar tegelyk wedstryde gespeel deur die 26 spanne.

Bouwer Park was Saterdagoggend vroeg-vroeg al ‘n miernes van bedrywigheid toe agt Laeveldse skole daar bymekaar gekom het vir die Rammetjie Rugbydag. Die deelnemende laerskole was Malelane, St Peters, Laeveld, Witrivier, Komatipoort, Oosterlijn, Sabie en Barberton.

Die rugbyveld is in vier kleiner velde omskep, behoorlik met mini-pale. Op elke veld was daar tegelyk wedstryde gespeel deur die 26 spanne.

Dikwels het van die jonger spelers die pad heeltemal byster geraak en sommer na die opponent se pale gehardloop of die bal vir die ander span se speler aangegee, maar dit is mos hoe hulle leer. En leer was waaroor dit gegaan het, want op die dag is daar baie nuwe tegnieke geleer wat hulle in die toekoms handig te pas gaan kom

.

Die laaste wedstryd het ongeveer 13:00 klaargemaak. Barberton Times het van Laerskool Barberton verneem dat daar nie eintlik telling gehou is nie, dus was almal wenners!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button