Editor's choiceNewsNews

Jong pa nou al ’n jaar in Turkse tronk weens vermeende dwelmslenter

Hulle het die ambassade gekontak om uit te vind wanneer laas hulle van hom gehoor het. Dié het egter gesê dat hulle net eenkeer elke ses maande die gevangenes besoek.

LYDENBURG – Weet jy waar jou kind is? Weet jy of hy of sy veilig is, kos en klere het en of hy of sy versorg is? Indien wel, ag jouself gelukkig, want vir die afgelope jaar het past.

Frans Bloem geen antwoorde op dié vrae nie. Frans se seun is verlede jaar in Mei met ‘n vermeende dwelmslenter in Istanbul, Turkye gevang. “Daniël het gegaan vir opleiding as hotelkelner in Turkye. Op ‘n aansluitingsvlug in Abudabi vermoed ons daar is dwelms in sy bagasie geplant. Dit is die laaste wat hy met sy vrou, gepraat het. Hy het haar toe laat weet dat hy in Abudabi is en vir sy aansluitingsvlug na Istanbul wag.”

Dit is ook die laaste keer wat die Bloemfamilie met hul seun gepraat het. “Dit was 14 Mei verlede jaar. Sy vrou het begin bekommerd raak want sy het niks van hom gehoor nie. “Die familie het toe op die internet gegaan en op ‘n artikel afgekom waarin gemeld word dat Daniël vir dwelmhandel in hegtenis geneem is,” het Frans gesê. Daniël is intussen verhoor en het aan sy pa ‘n brief gestuur om te sê dat hy vir 15 jaar gevonnis is.

“Die brief wat hy in Augustus verlede jaar geskryf het, het ek eers in Januarie ontvang. Dis die laaste wat ek van hom gehoor het. Ek het gereeld vir hom geskryf en vir hom gesê dat dit nie nodig is om vir my te skryf nie, hy moet net vir sy vrou skryf, dan kan sy die nuus aan ons oordra. Ek het gehoor dat gevangenes daar self hul koeverte en seëls moet koop, maar waar gaan hy geld kry vir dit? Ons het nog niks weer van hom gehoor nie.”

Daniël het ‘n eenjarige dogtertjie. Sy was maar twee maande oud toe hy vir die opleiding gegaan het. Hulle het die ambassade gekontak om uit te vind wanneer laas hulle van hom gehoor het. Dié het egter gesê dat hulle net eenkeer elke ses maande die gevangenes besoek. Frans glo vas dat sy seun gemerk was. “Volgens inligting wat ons bekom het, is daar dwelmmuile op dieselfde vlugte as diégene wat hulle geteiken het. Dié het glo die meeste van die dwelms by hulle. Hulle weet waarheen hul teiken gaan en hulle weet watter bagasie syne is en plant dan van die dwelms daarin.

“Hulle is natuurlik die heeltyd in kontak met mekaar en gee ‘n wenk deur na lughawepolisie. So word die aandag gevestig op die een in wie se bagasie die dwelms geplant is en die werklike dwelmmuile glip ongemerk deur.” Wat hom nog meer bekommer is die feit dat agt van die Bali-nege onlangs vir dwelmsmokkel tereggestel is. Die nege is in hegtenis geneem nadat hulle in 2005 8,3kg heroïen van Bali na Australië wou smokkel.

“Nou wat gaan deur my gedagtes? Indonesië hang hoofsaaklik die Moslemgeloof aan en so ook Turkye.” Of hy ‘n regverdige verhoor gehad het, is ook onseker. “Hoe kan hy enige teendeel bewys? Die dwelms was in sy besit.”

Frans, ‘n pensioenaris, het nie die finansies om sy seun te ondersteun nie. “As ek net daar kan kom, as ek hom net kan sien, as ek net kan weet wat aangaan, maar ek het nie die geld nie. ‘n Vliegtuigkaartjie het toe ek laas gekyk het, R7 000 gekos. Ek het dit nie, maar as ek ‘n kaartjie kan kry het ek verblyf by twee pastore met wie ek in kontak is daar.”

Enigiemand wat hom kan bystaan op welke manier ook al om sy seun te sien, kan hom by 071-568-3784 skakel. Die ambassade in Suid-Afrika en in Istanbul het teen druktyd nie kommentaar oor Daniel se welstand gelewer nie.

Die Turkse koerant, Tuhaf, het op 18 Mei ‘n berig oor Daniël se inhegtenisname geplaas. Daar word beweer dat sjokolade gevul met kokaïene by hom gevind is. “Polisie het die bokse oopgemaak en ‘n nuwe manier van smokkel ontdek; die dwelms was binne in die lekkers,” lui die berig. Na sy arrestasie het Daniël gesê dat hy met ‘n slenter gevang is. Hy is nietemin tot 15 jaar vir dwelmsmokkelary gevonnis.

frans foon 069

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button