Wintervoorraad dringend benodig vir behoeftiges
Enige komberse is welkom, hetsy nuut, oud, klein of groot en niebederfbare kos kan by die kantoor van die Steelburger/ Lydenburg Nuus afgelaai word of skakel die kantoor by 013-235-5549 om te reël vir die afhaal daarvan.

LYDENBURG – As jy vanaand jou kinders in hul komberse toewikkel en jyself in ‘n warm bed kan klim, is jy waarlik geseënd. Talle mense in Lydenburg sukkel om net kos op die tafel te sit en vir “luukses” soos komberse is daar net eenvoudig nie geld nie.
Met die winter wat weer nader kruip en die kwik wat al dié week onder vriespunt daal, daag Steelburger/ Lydenburg Nuus maatskappye, ondernemings en individue uit om tot ‘n kombers- en voedselprojek by te dra.
Die komberse gaan aan onder andere die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) in Lydenburg geskenk word en ander instansies wat omsien na behoeftige Narda Vermaak Wintervoorraad dringend benodig vir behoeftiges gesinne. Daar is tans sowat 45 gesinne wat elke tweede week ‘n kospakkie by die CMR se kantoor ontvang.
Dit sluit glad nie die mense in wat daagliks by die raad kom kos en klere bedel nie. Benewens komberse, benodig die raad ook dringend kosvoorraad in die vorm van niebederfbare kos soos blikkies, pasta, sop en dies meer wat ‘n langer raklewe mag hê. Met die winter wat nou aangebreek het, is daar veral ‘n groot behoefte aan komberse, truie en warm klere.
Enige komberse is welkom, hetsy nuut, oud, klein of groot en niebederfbare kos kan by die kantoor van die Steelburger/ Lydenburg Nuus afgelaai word of skakel die kantoor by 013-235-5549 om te reël vir die afhaal daarvan.
