GalleriesLocal newsLocal sportNewsNewsSchool sportSchoolsSchools galleriesSportSports galleries

Onnies spook dit uit op die netbalbaan

Hierdie gebeurtenis is vinnig besig om 'n jaarlikse instelling te word en selfs die hoof, Pieter Ferreira is voor in die koor wanneer dit by hierdie tipe kragmeting kom.

Daar is min dinge meer vreemd as ‘n spul onderwysers wat op ‘n sportveld of baan rondhardloop. Dis nog snaakser as dit mans teen vroue is. Maandagmiddag het die menere en juffrouens van Hoërskool Barberton mekaar weer eens die stryd op die netbalbaan aangesê.

Tot dusver kon die manne dit maar net nie regkry om die ratse juffrouens ore aan te sit nie. Ten spyte van hul moedige pogings, het die skoner geslag nog elke keer daarin geslaag om hulle te wys wie nou eintlik in beheer van sake is.

Barberton Times is nie so seker of ‘n rugbydag soortgelyke resultate gaan oplewer nie, maar wanneer daar na fiksheid gekyk word, sal die juffrouens beslis weer met die louere wegstap. Daar was sekerlik Dinsdag ‘n paar manne met seer spiere ná Maandag se wedstryd.

Die spreekwoord lui: “As jy nie wil hoor nie moet jy maar voel,” en duidelik het die manne nog nie genoeg gehad nie, want hulle is reeds grootbek oor die volgende wedstryd. Die telling was 19-8.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button