Editor's choiceLocal newsNews

Vrou getuig teenoor jeug oor satanistiese verlede

Tydens die NG Kerk se jeugaand verlede Vrydagaand het Adele, wat vanaf Centurion kom, die kerk besoek om haar pad en getuienis hieroor met die jeug en gemeenskap te deel

BURGERSFORT – Adele Neveling was vir baie lank deel van die satanistiese onderwêreld en het selfs satanistiese offers en selfdoodneigings op ‘n vroeër ouderdom ervaar. Tydens die NG Kerk se jeugaand verlede Vrydagaand het Adele, wat vanaf Centurion kom, die kerk besoek om haar pad en getuienis hieroor met die jeug en gemeenskap te deel.

“Ek is van kleintyd af geraak deur satanisme. My familie was verdeel tussen Christenskap en satanisme. As ‘n tiener het ek selfs selfdood probeer om weg te breek van die satanistiese onderwêreld. My keerpunt was toe ek beveel is om ‘n pastoor Marc Bredenkamp, van Umhlanga in Natal, se seun te ontvoer, met die doel om hom aan satan te offer. Ek het die seun vir ‘n paar uur aangehou, maar kon nie myself sover kry om hom te vermoor nie. Na ‘n paar ure is ons gevind en ek is direk deur pastoor Marc gekonfronteer. Op daai oomblik het ek ‘n bonatuurlike ontmoeting met God gehad en my hele lewe het verander. ‘n Week later het ek my hart vir die Here gegee en die eerste keer kon ek God se suiwer liefde ervaar,” vertel Adele tydens die diens.

Sy het teologie gestudeer en werk vandag nog met mense wat van satanisme af wil wegkom. Sy was destyds nou saam met die Department van Onderwys betrokke om satanisme uit skole te weer toe daar sprake was dat dit gewettig sou word.

“Ek het tydens my besoek aan Burgersfort twee skole, Laerskool Brugersfort en Steelpoort Akademie besoek. By Steelpoort Akademie was die hele saal vol en die atmosfeer was ongelooflik. Ek het myself bitter baie geniet. Ek glo mense moet ‘n lewende verhouding met God vorm,” voeg Adele by.

By die jeugaand het sy gepraat van haar strewe tot Christenskap, hoe die gemeente ander uit donker tye kan help en het sy haar kennis met die jeug gedeel oor geestelike wapens wat hulle teen die vyand kan gebruik. Adele se verhaal gee hoop vir genesing.

Daar is lofliedere gesing en daar was sop na die praatjie beskikbaar om te help teen die koue winterweer. Die NG kerk se jeugaande vind elke Vrydag om 18:00 plaas.

Vir enige navrae, skakel Philip Smit by 082-316-9019.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button