Vleisfees vir ‘n ieder en ‘n elk
Die Hervormde Kerk se jaarlikse Vleisfees was die afgelope naweek soos oudergewoonte 'n groot sukses.
LYDENBURG – Die Hervormde Kerk se jaarlikse Vleisfees was die afgelope naweek soos oudergewoonte ‘n groot sukses.
Van vroeg Saterdagoggend het mense vir ‘n heerlike ontbyt aangesit. Twee springkastele, ‘n spookhuis en verskeie lekkergoedstalletjies het gesorg vir lekker vermaak vir die jongspan.
Terwyl die kinders hulle gate uit geniet het, het ouers die geleentheid gehad om van stalletjie na stalletjie te loop om al die tuis- en handgemaakte items te beskou. Soos gewoonlik het die vleistafel gekreun onder al die vleis wat die dag te koop was.
Die gemeente bedank graag almal wat by die Vleisfees betrokke was. ‘n Allemintige R114 352 is vir die dag ingesamel.
