Editor's choiceLocal newsNewsNews

Nuwe 4X4 roete bygevoeg

Willie Potgieter en sy toergidsspan sal die deelnemers bergop vergesel

BURGERSFORT – Die Wildevy 4×4-gesinsdag het ‘n eksklusiewe roete by vanjaar se geleentheid gevoeg.

Deelnemers sal die Morone-bergroete op 25 Julie om 07:00 by Khumula Game Lodge afskop. Hulle sal koffie en beskuit met hul aankoms ontvang. Willie Potgieter en sy toergidsspan sal die deelnemers bergop vergesel. Wild- en veld-identifiseringsaktiwiteite sal ook gedurende die roete plaasvind. Die geleentheid word met ‘n middagete op die berg afgesluit.

Daar is slegs 20 inskrywings teen ‘n R 1000 per 4×4-voertuig beskikbaar. Let wel, die roete is slegs vir 4×4-voertuie met lae bestek (low range) beskikbaar. Navrae of inskrywings: Ilze Pretorius by 013-231-7499 of stuur e-pos na admin3@burbande.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button