Hard newsNewsNews

Geen poging om kind by I’langa Mall te ontvoer

Ek is jammer as ek almal op hol gejaag het, maar mens kan nie kanse vat in vandag se lewe nie. Dis maar net weer 'n 'eye opener' dat ons moet wakker wees

MBOMBELA – ‘n Man wat gevrees het dat boosdoeners dalk gepoog het om sy kleuter Sondag by I’langa Mall te steel, het nadat hy beeldmateriaal van dié winkelsentrum se kringtelevisiekameras bestudeer het, gesien dat die kind bloot sy ma ontwyk het.

Mnr. Rudi van Niekerk se seuntjie word binnekort drie jaar oud. Hy het Sondag onder Nelspruiters op Facebook geskryf: “Waarskuwing aan alle ouers: Hulle het vanoggend my seuntjie probeer steel by I’langa Mall in Nelspruit. Wees asb. op julle hoede, dit gebeur blitsvinnig. Share asb. met julle vriende”.

Verskeie Facebook-gebruikers het dié inskrywing op hul profiele gedeel. Laevelder het Van Niekerk geskakel waarop hy gesê het dat hy eers die beeldmateriaal by I’langa wou nagaan voordat hy die koerant sou toespreek.

Lees ook: Nuusflits: Kind raaiselagtig ontvoer en gevind

Hy het kort hierna die volgende op Facebook gedeel: “Eerstens wil ek net vir Ricky, Kat en die manne by I’langa-sekuriteit baie dankie sê vir julle pro-aktiewe diens. Dit was vinnig en effektief.

“Hier is die storie wat ons op die kameras kon sien: My seuntjie het by die speelplekkie gespeel en koeldrank by my vrou gaan kry. Sy het weggekyk en hy is toe om die huisie wat deel is van die speelplek en het in die gang af gestap waarna hy in die hysbak geklim het na die onderste vloer. Daar het hy uitgeklim en die hysbak het agter hom toegemaak. Dis toe waar hulle hom gekry het.

Lees ook: Vrou se tweeling amper ontvoer

“Ek is jammer as ek almal op hol gejaag het, maar mens kan nie kanse vat in vandag se lewe nie. Dis maar net weer ‘n ‘eye opener’ dat ons moet  wakker wees. Weer eens dankie aan die manne van Hi-Tech.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button