OPDATERING: Diewe maak oor ‘n afstand amok
"Een van die mammas het geskree 'hulle is besig om al jou goed te vat!'"
Diewe wat voetuie se alarmseine blokkeer om te verhoed dat dit sluit, blyk weer regoor die stad aktief te wees. Verskeie slagoffers het die afgelope week na vore gekom nadat hulle karre besteel is.
Een jong ma het onlangs ‘n angsvolle ervaring gehad toe sy voor haar kind se skool van haar besittings beroof is. Me. Emmerentia Parsons het haar kind by die Wip en Snip-kleuterskool in Irisstraat, in die omgewing van Percy Fitzpatrickstraat, ná werk gaan haal. Sy het aan Nelspruit Post vertel dat sy haar kar tussen twee ander, reg voor die skool parkeer het. ‘n Ander ouer het binne sy parkeerde motor oorkant die pad gesit.
Net voordat sy by die skoolhekkie ingestap het, het sy gesien hoe ‘n klein silwer motor om die draai gekom het. Sy het haar motor gesluit en niksvermoedend die skool binnegegaan toe sy gehoor het hoe iemand skree.
‘n Paar ander mammas was ook al die teiken van skelms in hierdie omgewing. Blykbaar het presies dieselfde voorval, met presies dieselfde motor, vroeër (daardie) week gebeur,” het Parsons vertel.
“Een van die mammas het geskree ‘hulle is besig om al jou goed te vat!’,” het Parsons vertel. “Die klein silwer motor het toe reg langs my kar stilgehou, en drie mans het uitgespring, my kar se deure oopgemaak en al my besittings – my handsak, beursie en selfoon – gevat.”
Parsons meen sy het doodseker gemaak dat haar motor gesluit was voordat sy die skool binnegegaan het. “Ek het in Johannesburg gebly, so om seker te maak dat my motor gesluit is, is al ‘n gewoonte.”
Sy vermoed dat die kwaaddoeners ‘n afstandbeheerder gebruik het om haar kar oop te sluit, of om te verhoed dat dit sluit. Hi-Tech Sekuriteit Nelspruit was glo oombliklik op die toneel, maar kon die verdagtes nie opspoor nie.
“‘n Paar ander mammas was ook al die teiken van skelms in hierdie omgewing. Blykbaar het presies dieselfde voorval, met presies dieselfde motor, vroeër (daardie) week gebeur,” het Parsons vertel.
Mnr. Callum MacPherson, waarnemende operasionele bestuurder van Hi-Tech Sekuriteit Nelspruit, sê dit is waarskynlik dat die afstandbeheerder die sein tussen die sleutel en die voertuig blok, eerder as wat die sein gekloon word.
“Ons is bewus van die kar wat dié omgewing teister. Die afstandbeheerders het ‘n baie groot radius en werk net op sekere voertuie, soos Toyota, Nissan en Ford. Daar is nie regtig veel wat ‘n mens daaraan kan doen nie. Almal moet maar net ten alle tye doodseker maak dat hulle deure gesluit is.”
Dié voorval het ‘n magdom terugvoer op Facebook ontlok. Baie ma’s het vertel dat hulle by verskeie kleuterskole op die dorp, op ‘n soortgelyke wyse, beroof is.
Mnr. Francois Theron het op Facebook gesê hy besit beeldmateriaal van ‘n silwer Toyota Tazz wat gereeld in die omgewing van Macadamia-ouetehuis en M-Care beweeg.
Me. Wanda Henning het vertel dat sy verlede week voor ‘n kleuterskool in Steiltes beroof is. ” Hulle het my hele handsak uit my kar uit gesteel – my selfoon, lisensie en identiteitsdokument.” Sy meen ouers word geteiken omdat die boewe weet dat hulle hul besittings in die kar los wanneer hulle hul kinders oplaai. “Die ergste is die wete dat iemand ‘n selfoon vol foto’s van my kinders het.”
Mnr. Francois Theron het op Facebook gesê hy besit beeldmateriaal van ‘n silwer Toyota Tazz wat gereeld in die omgewing van Macadamia-ouetehuis en M-Care beweeg. Hy vermoed dit is dieselfde voertuig, want die insittendes is altyd drie mans. Hy sê die voertuig kom gewoonlik op Vrydagmiddae na die ouetehuis. “‘n Mens kan twee van die drie mans se gesigte duidelik sien, maar nie die nommerplaat nie.” Teen druktyd kon Nelspruit Post nog nie die beeldmateriaal bekom nie.
MacPherson voeg by dat dit sonder ‘n nommerplaat amper onmoontlik is om die voertuig op te spoor. Parsons het die saak by die polisie aangemeld.
“Ek wil graag al die ouers wie se kinders in dié skool is, waarsku om versigtig te wees wanneer hulle hul kinders op- en aflaai,” het sy afgesluit. Die verdagtes is nog op vrye voet.
Me. Fidus Moldenhauer, hoof van Wip en Snip sê hulle werk nou saam met Hi-Tech om addisionele wagte aan te stel om ouers en kinders te beveilig.
“Vir die kinders se privaatheid, sal ons nie geslotesisteem-kameras installeer nie. Ek dink dit is ook belangrik om by te voeg dat hierdie nie tot die skool geïsoleer is nie, maar dat die hele area deur die groep geteister word.”
13 Julie 2015
‘n Jong ma is met angs oorval nadat sy verlede week voor haar kind se skool van haar besittings beroof is. Me. Emmerentia Parsons het haar kind by die Wip en Snip-kleuterskool in Irisstraat, in die omgewing van Percy Fitzpatrickstraat, ná werk gaan haal. Sy het aan Nelspruit Post vertel dat sy haar kar tussen twee motors, reg voor die skool parkeer het. ‘n Ander ouer het binne sy parkeerde motor oorkant die pad gesit.
Net voordat sy by die skoolhekkie ingestap het, het sy gesien hoe ‘n klein silwer motor om die draai gekom het. Sy het haar motor gesluit en niksvermoedend die skool binnegegaan om haar kind te kry toe sy gehoor het hoe iemand skree.
“Een van die mammas het geskree ‘hulle is besig om al jou goed te vat!’,” het Parsons vertel. “Die klein silwer kar het toe reg langs my kar stilgehou, en drie mans het uitgeklim, my kar se deure oopgemaak en al my besittings – my handsak, beursie en selfoon – gevat.”
Parsons meen sy het doodseker gemaak dat haar motor gesluit was voordat sy die skool binnegegaan het. “Ek het in Johannesburg gebly, so om seker te maak dat my motor gesluit is, is al ‘n gewoonte.”
Sy vermoed dat die kwaaddoeners ‘n afstandbeheerder gebruik het om haar kar oop te sluit, of om te verhoed dat dit sluit.
Hi-Tech Sekuriteit Nelspruit was glo oombliklik daar, maar kon die verdagtes nie opspoor nie.
Parsons het die saak by die polisie aangemeld, maar hulle kon die mense nie opspoor nie en die drie mans is nog op vrye voet.
“‘n Paar ander mammas was ook al die teiken van skelms in hierdie omgewing. Blykbaar het presies dieselfde voorval, met presies dieselfde kar, vroeër [daardie] week gebeur,” het Parsons vertel.
“Graag wil ek al die ouers wie se kinders in dié skool is, waarsku om versigtig te wees wanneer hulle hul kinders op- en aflaai.”
