PERSVERKLARING – Solidariteit Helpende Hand het ‘n nuwe veldtog, om bewustheid te skep oor die omstandighede waarin kinders misdade aanmeld, geloods.
Volgens ‘n persverklaring deur Solidariteit Helpende Hand, is 45 230 strafsake teen kinders verlede jaar aangemeld.
Helpende Hand se 127 takke sal daarom vanaf eerskomende Vrydag 17 Julie ondersoek instel oor wat presies die omstandighede by die polisiestasies, landdros- en gesinsadvokaatkantore in hulle onmiddellike omgewing is.
Helpende Hand sê hulle wil daarmee verseker dat die aanmeldingsproses so maklik en veilig vir kinders as moontlik is.
Die doel van die opname is om uit te vind waar Helpende Hand ‘n steun kan gee om dié sentrums meer kindervriendelik te maak. Die projekte sal deur die afsonderlike takke geïdentifiseer word en dan in die komende weke aangepak word. ‘n Ontleding van die omstandighede sal in die komende weke in ‘n verslag deur Helpende Hand bekend gemaak word.
Helpende Hand se 127 takke sal daarom vanaf eerskomende Vrydag 17 Julie ondersoek instel oor wat presies die omstandighede by die polisiestasies, landdros- en gesinsadvokaatkantore in hulle onmiddellike omgewing is.
“In elkeen van hierdie sake was daar ‘n held – ‘n polisiebeampte, landdros of gesinsadvokaat – wat help verseker het dat die slagoffer die nodige ondersteuning ontvang. Vanweë hierdie mense se optrede lei 75% van die aanmeldings tot skuldigbevindings. Verlede jaar is 1 832 lewenslange vonnisse gevel teen persone wat misdade teen kinders pleeg,” sê Marlien van der Westhuizen, mediaskakelbeampte by Helpende Hand.
In die aangesig van die skokkende statistieke wil Helpende Hand fokus op die 1 832 kere wat die sisteem foutloos gewerk het en waar die misdadiger nou lewenslank in die tronk sit. Ons wil daarom in die komende maand minstens 1 832 teddiebere insamel wat aan die sentrums regoor die land geskenk kan word om ‘n kind te vertroos in sy/haar uur van nood.
Is daar ‘n held in jou?
Praat met ‘n Helpende Hand-streeksorganiseerder en sluit aan by jou naaste Helpende Hand-tak om ‘n sentrum te gaan besoek.
Skenk ‘n teddiebeer deur dit by een van die versamelpunte af te lewer.
Skenk ‘n virtuele teddiebeer. SMS “Teddie” na 38969 en skenk R10 om die sentrums op te knap en toe te rus om ons kinders veilig te laat voel.
Word ‘n Helpende Hand-ondersteuner en dra by tot hierdie en ons ander projekte. Besoek ons webwerf vir meer inligting.
Vir meer inligting oor die projek skakel vir Elize Bezuidenhout of Medee Davel by 012 644 4390 of stuur ? e-pos na elize@helpendehand.co.za of na medee@helpendehand.co.za.
