AnimalsLocal newsMandela DayNewsNews

Drawwers kikker honde se dag op

Sondagoggend het hulle 'n donasie van hondekos aan Pro-Life Pet Rescue oorhandig en talle van die honde in Pro-Life se sorg, vir 'n draffie gevat.

MBOMBELA – Die Legogote Villagers-padwedloopklub het dié Mandeladag besluit om twee van hul gunstelingaktiwiteite, hardloop en om terug te ploeg in die gemeenskap, te kombineer om so ook hulle 67-minuutbydrae te maak.

Sondagoggend het hulle ‘n donasie van hondekos aan Pro-Life Pet Rescue oorhandig en talle van die honde in Pro-Life se sorg, vir ‘n draffie gevat. Dit is die eerste keer wat die ywerige langasems dié spesifieke uitdaging aanvaar het en hulle moes behoorlik veters vastrek toe sommige van die honde se fiksheidsvlakke verras het.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het ook hulle omgeeharte teenoor die vier-voetiges betoon en 10 hondehokke aan Pro-Life geskenk.

Die organisasie het almal wat tyd en bydraes gelewer het, hartlik bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button