Alternatiewe planne in plek om brande te bestry
FFA het addisionele grondspanne suksesvol aan kliënte verskaf om te verseker dat brande wat uitbreek, vinnig onder beheer gebring kan word. Die spanne wat vanuit ander provinsies ontbied is, bring groot verligting om vure spoedig te bestry.
MBOMBELA – Hoewel Woensdagaand se reën met ope arms verwelkom is, behoort dié twee milimeter slegs verligting vir die volgende dag of twee te bring, waarna ‘n hoë brandgevaar weer verwag word.
“Die weer speel saam en daarom het die Laeveld nog geen uitermatige brande tot op hede ondervind nie,” sê mnr. André Scheepers, bestuurder van die Lowveld and Escarpment Fire Protection Association (Lefpa).
“Hoewel sommige van FFA se gekontrakteerde vliegtuie aan Lefpa opgeskort is deur Burgerlugvaart, hou ons steeds kop bo water,” sê Scheepers. Hy voeg by dat reëlings wel getref is met ander diensverskaffers, sou daar erge brande uitbreek. Vanaf 1 Augustus is daar planne in plek vir Lefpa om alternatiewe lugbystand in te span om sodoende tydens hierdie uitdagende tyd verligting te bring. Hoewel bogenoemde bystand beperk is, kon brandbestryders steeds daarin slaag om talle vure die afgelope week te blus.
Weens die aard van die Laeveld se brandseisoen, is 10 spanne uit die Kaap en Noordwes na die provinsie gestuur om hulp te bied. Scheepers maan almal aan om uiters versigtig tydens hierdie brandseisoen te wees.
FFA het addisionele grondspanne suksesvol aan kliënte verskaf om te verseker dat brande wat uitbreek, vinnig onder beheer gebring kan word. Die spanne wat vanuit ander provinsies ontbied is, bring groot verligting om vure spoedig te bestry.
“Ons is hard aan die werk om ons vliegtuie weer in die lug te kry en is positief dat alles redelik vinnig weer terug na normaal sal keer. Ons bedank graag al ons kliënte vir hul ondersteuning en begrip die afgelope week. FFA stel kliënte se behoeftes hoog op prys en doen alles in ons vermoë om so min as moontlik onwrigting te veroorsaak,” sê me. Naranda Leeuwner, woordvoerder vir FFA Aviation.
FFA in process of getting aircraft back in the air

