Hard newsNews

Ongeskikte dief laat sy merk by forum

Die Nelspruit Gemeenskapsforum het die afgelope naweek wéér 'n terugslag gehad.

MBOMBELA – “Hy kon nie die versoeking weerstaan om sy merk letterlik op die perseel te los nie. Dit is varksig en laks!”

So sê die besturende direkteur van die Nelspruit Gemeenskapforum (NGF), past. TJ Maré moedeloos nadat boewe die forum Sondagmiddag weer geteiken het. Nadat die boosdoener genoeg tyd gehad het om sy maag vol te stop, het hy sy merk ook op die perseel gelaat.

Dié inbraak het plaasgevind skaars vier maande nadat booswigte ‘n die forum van al hul elektroniese toestelle geroef het. “Dit moes Sondag teen 12:00 gebeur het. Ons gaan gewoonlik na kerk om vleis vir die volgende dag uit te haal. Daar was ‘n gat in die sekuriteitsheining en die yskasdeur het ook oopgestaan.”

Kospakkies
Meer as R15 000 se vleis is uit die NGF se yskas gevat.

‘n Tuinslang, ses pakke 5kg-maalvleis, vier pakke van vyf kilogram sopvleis, twee bokse hoender, drie bokse worsies, 12 komberse en mansklere is gesteel. Dit is glo amper R20 000 se vleis. Die boosdoeners het vir ‘n tweede sessie teruggegaan.

“‘n Werker het ‘n swartsak op die muur sien lê. Toe hy weer kyk, hardloop ‘n man met dit weg. Hy het gelukkig die man herken. So op dié stadium het ons een verdagte, maar dit is moeilik om te sê hoeveel daar was, maar hy kon onmoontlik manalleen met al die kos gevlug het.”

Verdere donasies kan in NGF se Absa-rekening inbetaal word. Rekeningnommer: 4061290450.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button