Hard newsLocal newsNewsUpdate

Kinders wat hond langs hoofpad smous laat inwoner ontstoke

'n Egpaar van die Laeveld was hoogs ontstoke toe kinders 'n hond langs die hoofpad probeer smous het die afgelope naweek.

Barberton se DBV het Maandag aan Nelspruit Post bevestig dat die hond wat kinders langs die pad probeer smous het, wel ‘n gesteelde hond was.

Die hond is intussen veilig terugbesorg by sy eienaars.

Volgens die DBV wil dit voorkom of daar egter nog ‘n vermiste hond is.

Nelspruit Post het verlede week oor die voorval berig:  

Ses kinders wat die afgelope naweek ‘n hond langs die pad probeer verkoop het, het ‘n inwoner van die Laeveld behoorlik warm onder die kraag.

Volgens me. Pat de Lange-Haywood, was sy en haar man Saterdag op pad Nelspruit toe, toe hulle die kinders langs die pad teëgekom het wat die hond vir R100 wou verkoop.

“Ons was op pad van Barberton af toe ons die hond langs die kinders sien draf het. Die dier het baie vriendelik gelyk, maar die kinders het gesê hy byt die mense in die township en dat hulle van hom ontslae wou raak,” het De Lange-Haywood geskok vertel.

Sy het aan die koerant gesê dit was moeilik om te glo dat dier uit die informele nedersetting kom omdat die hond in ‘n so ‘n goeie kondisie was.

Sy en haar man het vir die kinders gesê hulle gaan net gou geld trek en dat die seuns daar moes wag. Hulle het egter intussen ‘n plaaslike sekuriteitsmaatskappy gekontak en na wat verneem is, is die hond na die plaaslike tak van die DBV geneem. Die vereniging kon egter nie vir kommentaar bereik word nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button