Verskeie skole het die afgelope naweek by Laerskool Nelspruit in ‘n vriendskaplike hokkiefees meegeding.
Dié byeenkoms is ‘n ontwikkelingsdag, daarom word geen uitslae bekendgemaak nie. Die gasheer het egter kop bo skouers bo die res uitgestaan en volgens organiseerders was dit ‘n reusesukses. Die doel is nie om te wen nie, maar om vaardighede te ontwikkel en proewe vir elke skool om te sien of hul raakgevat het met spankeuses. Heelwat B-span-spelers het wel hul hande opgesteek en die gewildheid van hokkie in die Laeveld is by elke skool beklemtoon.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




