Hard newsNewsNews

Vrou hof toe na tandheelkundige prosedure glo misluk

Swartz eis R550 000, waarvan R150 000 vir vorige en toekomstige mediese uitgawes is, R200 000 vir 'n verlies aan inkomste en R200 000 vir algemene skade

BARBERTON – ‘n Vrou dagvaar die provinsiale Departement van Gesondheid nadat haar sinusbeen tydens ‘n tandheelkundige prosedure in 2011 inmekaargeval het.

Me. Marian Swartz, ‘n administratiewe assistent, is op 20 September 2011 Barberton Hospitaal toe waar ene dr. Rampersad vulsels in twee van haar tande gesit het. Sy het hierna egter voortdurende pyn in die een ondervind en is op 4 Oktober terug na Rampersad.

Luidens hofstukke het hy die tand getrek waarna ene dr. Rothman ‘n suigapparaat in Swartz se mond gesit het. Dit het toe glo veroorsaak dat haar sinusbeen inmekaargeval het. Sy is ook die betrokke tand se wortel kwyt.

Sy is gestuur vir X-strale waarna Rothman ‘n afdruk van haar tandvleis geneem en die gat in haar mond en sinusholte toegewerk het. Haar regsverteenwoordigers voer aan dat die betrokke dokters nalatig was, onder meer omdat die tand tydens die eerste prosedure nie reg gevul is nie en omdat dit na bewering onnodig toe na die tyd getrek is.

Swartz eis R550 000, waarvan R150 000 vir vorige en toekomstige mediese uitgawes is, R200 000 vir ‘n verlies aan inkomste en R200 000 vir algemene skade. Die saak is onlangs in die Noord Gautengse Hooggeregshof aangehoor. Die departement staan die eis teen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button