Community galleriesGalleriesLocal newsNewsNewsSchoolsSchools galleries

Kleingoed leer meer van diere van die DBV

Marcelle het die kleingoed geleer hoe om na hul diere om te sien en meer oor die werk wat hulle by die DBV doen. Die kinders het ook kans gekry om die honde van nader te leer ken.

Daar is dekades van bewyse wat toon dat ‘n kind se houding teenoor diere reeds sy toekomstige gedrag kan voorspel. In die meeste gevalle waar profielbepalers saam met die polisie werk, is dit al bewys dat wrede grootmense in hul kleintyd diere mishandel het.

Gelukkig is die meeste nie so nie en identifiseer kinders hulself natuurlik met diere. Interaksie tussen die twee groepe is dus die beste manier hoe om hulle van kleins af van deernis en empatie te leer. Nie net leer dit hulle boonop verantwoordelikheid nie, maar ook dat alles wat lewe met respek behandel moet word en dat wreedheid teenoor diere totaal onaanvaarbaar is. Daar is al stapels boeke geskryf oor die verskil wat ‘n troeteldier in ‘n kind se lewe kan maak en die DBV is altyd gewillig om by skole te gaan gesels oor die belangrikheid van diere in ons lewens.

Marcelle Eloff, voorsitter van Barberton DBV, het Vrydagoggend by SAVF Kleutervriend Kleuterskool ‘n draai gaan maak. Sy was vergesel van die bestuurder Dave Bartholomew en haar hondekinders, Nikita, Jessie en Azlan.
Marcelle het die kleingoed geleer hoe om na hul diere om te sien en meer oor die werk wat hulle by die DBV doen. Die kinders het ook kans gekry om die honde van nader te leer ken.

Die kleuters het heelwat honde- en katkos skool toe gebring wat aan die DBV geskenk is en Marcelle het haar dank betuig. “Enige hulp wat ons kry uit die gemeenskap word opreg waardeer.”
Na ‘n baie woelige oggend het die skooldag soos gewoonlik voortgegaan, maar ons is oortuig daarvan dat die kleingoed na dese nog beter vir hul eie dieremaats sal sorg. “Dankie vir elke maatjie wat kos gebring het vir die DBV se ‘instappie’ na ons skool. So maak ons ‘n verskil, want ons kan,” het die hoof, Liana Nieuwenhuis gesê.

Enigeen wat inligting het aangaande wreedheid teenoor diere, moet dit asseblief onmiddellik aan die DBV rapporteer. Marcelle sê dat alle oproepe vertroulik hanteer word. Sy kan by 082-825-1505 en Dave by 082-462-1457 geskakel word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button