Hard newsNewsNews

Trok ry van pad af om botsing te keer

Die trok het net buite Mbombela opgeslaan toe die bestuurder na vermoede 'n kopbotsing probeer afweer het.

‘n Trok het Vrydag van die pad af gery toe hy vermoedelik gepoog het om ‘n botsing met ‘n ander trok te vermy. Die voorval het net buite Mbombela op die N4-ringpad plaasgevind.

Volgens mnr. Jacques Meiring, operasionele bestuurder van Bossies Community Justice (BCJ) wat saam met die brandweer en provinsiale verkeersbeamptes op die toneel was, het die bestuurder beheer oor sy voertuig verloor toe hy uitgeswaai het om ‘n aankomende trok te vermy.

Daar word vermoed dat die trok wat nie van die pad af gery het nie, besig was om ander voertuie verby te steek.

Om ‘n kop-aan-kop-botsing te probeer vermy, het die bestuurder toe van die pad af gery en sy tanker het omgerol. Meiring sê die bestuurder is hopsitaal toe geneem.

Ongelukke is algemeen op die provinsie se paaie, ten spyte van stappe wat die departement van veiligheid neem om bestuurders se gedrag te probeer verbeter.

Na ‘n ander onlangse trokongeluk het die LUR vir provinsiale veiligheid ‘n beroep gedoen op betsuurders en trokeienaars om padveiligheid te verbeter deur te verseker dat bestuurders bekwaam en gereed is om te bestuur en dat voertuie padwaardig is. Shongwe sê dit is dringend noodsaaklik dat motoriste ook hulle houding op die pad verander en begin om die reëls na te kom om ongelukke te vermy.

“Passasiers moet ook nie stilbly wanneer hulle bestuurders sien wat te vinnig ry of verkeersreëls verontagsaam nie. Padveiligheid is almal se verantwoordelikheid en dit is moontlik om ongelukke te keer.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button