Hard newsLifestyleLocal newsNews

Sandra Prinsloo en Laevelder in Facebook-foefie misbruik

Hier is 'n paar wenke om nie met 'n skelmstreek gevang te word nie.

MBOMBELA – Daar is elke dag nuwe skelmstreke op die web en hoe paraat jy ookal mag wees, kan jy steeds ‘n slagoffer van ‘n aanlyn-bedrogspul word. Dít, sonder dat jy eers daarvan bewus is. Die aktrise Sandra Prinsloo, Laevelder en bekende resensent Paul Boekkooi is die afgelope maand in een so webslenter gebruik (waarvan ons weet).

Laeveld Media is onlangs daarvan in kennis gestel dat die ene Daily Gossip Hub-blad dit laat voorkom of hulle een van Laevelder se artikels, “Paul Boekkooi praat met Sandra Prinsloo en onthul haar skoonheid geheime” wyd en syd op die sosiale media-platform Facebook promoveer. ‘n Ander skakel verwys weer na Netwerk24 en Sarie.com. Die skakel klik egter nié na Laevelder of enige van die partye se webwerwe deur nie – net dié van Daily Gossip Hub of is foutief.

Een van vele van die bedrieglike "posts" op Facebook.
Een van vele van die bedrieglike “posts” op Facebook.

Hoewel Laevelder vroeër die jaar tydens die jaarlikse Innibos-fees in Nelspruit ‘n onderhoud met Prinsloo deur Boekkooi op die web publiseer het, handel dit egter nie oor skoonheidsgeheime of -produkte nie en lees die opskrif slegs “Paul Boekkooi gesels met Sandra Prinsloo“.

Untitled-1

Die Daily Gossip Hub-webwerf meld dat Prinsloo en ander internasionale bekendes CoverGirl-grimering asook Restora Lumina- en Levante Instant Lifting Cream gebruik. Volgens Netwerk24 is Prinsloo “hewig ontsteld”, het sy niks met hierdie produkte te doen nie is dit ‘n absolute onwaarheid.

Verskeie gebruikers het dié webslenter uitgewys die afgelope paar weke.
Verskeie gebruikers het dié webslenter uitgewys die afgelope paar weke.

‘n Gebruiker wat deur hierdie foefie gevang is het Laevelder Maandag gekontak met die hoop om ander, asook Prinsloo hierteen te waarsku.

Volgens haar het iemand haar selfs geskakel en as Prinsloo self voorgehou.

Sy meen sy wag drie weke later steeds vir die produk waarvoor sy betaal het en waarsvoor sy ‘n tweede keer met ‘n bedrag vyf maal so groot gekrediteer is. “En dit deur ‘n maatskappy in China terwyl die bestelling aan ‘n Amerikaanse maatskappy was”.

Hoe dit werk

Facebook laat organisasies en individue toe om hul “posts” te “boost”. Dit beteken bloot dat jy kan betaal sodat jou skakel op spesifieke gebruikers se tydlyn verskyn. Daar staan ook dat dit “sponsored” is. Dit is dus nie ‘n organiese inskrywing soos die meeste ander op jou tydlyn nie. Jy mag dus nog nooit die blad, produk of persoon eers “gelike” of van gehoor het nie, maar hulle kon deur die inligting en belangstellings wat jy op Facebook beskikbaar maak, jou insluit in hul teikenmark.

Wat maak hierdie geval skelm?

Daily Gossip laat dit voorkom of die skakel na bekende mediahuise of publikasies deurkliek om sodoende die gebruiker se guns te wen. Dit flous egter gebruikers en klik dan egter na ‘n ander webtuiste deur wat onwaarhede verkondig – in dié geval dat Prinsloo die produkte endosseer – sonder die betrokke partye se medewete of toestemming, met die einddoel om ‘n produk aan jou te verkoop of jou verder te bedrieg.

Wees op jou hoede

• Maak seker die webwerf waarna die skakel verwys en dit waarheen hy jou lok dieselfde webtuiste is (bv. as die skakel sê lowvelder.co.za maar hy jou dan na dailygossiphub.com neem).

• Bevraagteken dit as die skakel meen dis iets spesifieks maar die webblad waarheen hy jou lei dan heeltemal iets anders is (bv. as die skakel noem dat Paul Boekkooi met Sandra Prinsloo gesels maar daar niks van die aard op die webblad is nie).

• Bly maar eerder weg as daar geen kontakbesonderhede op die webtuiste is nie, as daar is, toets dit en verifieer die adres.

• Kyk uit vir weggesteekte voorwaardes en posgeld.

• Moenie jou kredietkaartbesonderhede op ‘n onveilige webwerf invoer nie, maak eerder gebruik van webwerwe wat met “https” begin as slegs “http”. Dit beteken hy is sekuur. Kyk ook uit eerder uit vir webwerwe wat deur Thawte of VeriSign gesertifiseer is.

• Ondersoek jou kredietkaartrekening se state gereeld en maak seker daar is geen vreemde transaksies nie.

• Gebruik wel eerder ‘n kredietkaart as debietkaart. Dit is makliker om ‘n disputeer.

• Rapporteer skelm aktiwiteite tydens jou aanlyn-inkopies aan jou kredietkaartverskaffer en op verbuikersbeskermings- of dienswebwerfe soos hellopeter.com.

• Jy kan ook Facebook-skakels op dié sosiale media-platform rapporteer.

• As dit te goed is om waar te wees, is dit tien teen een!

 

Sien ook: 

• 10 ways to protect your Facebook account

Safe-Facebook

 

• Have you been blocked on Facebook?

Welcome-to-Facebook

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button