Hard newsNewsNews

Ma moet vierde keer langs kind se oop graf staan

'n Plaaslike ma het sedert 1980 vier seuns aan die dood afgestaan. Die jongste het Woensdag in 'n motorongeluk omgekom

MBOMBELA – Die amper ondenkbare het hierdie week ‘n plaaslike ma getref toe sy haar vierde seun aan die dood moes afstaan.

Mnr. Andrew van Wyk (27) was die jongste van me. Retha de Beer se vier seuns en is dood toe die bakkie wat hy bestuur het ‘n slaggat getref en gerol het. Mnr. Henk de Beer, Van Wyk se stiefpa, het vertel dat hy werksaam was as assistent-bestuurder en chef by Mbidi Lodge naby Loskop Dam. Hy en ‘n vriend het omstreeks 14:00 met ‘n bakkie op die Stofberg-pad gery om voer vir perde te gaan haal.

Lees ook: Gesin se tweede seun in ongeluk

“Op pad terug is hulle deur ‘n slegte knik en Andrew het ‘n slaggat getref. Die bakkie se band het gebars. Andrew het beheer oor die voertuig verloor en dit het gerol.” Van Wyk is op slag dood. Die vriend het geringe beserings opgedoen en is reeds uit die hospitaal ontslaan.

De Beer het vertel dat Retha vier seuns uit vorige huwelike gehad het. “Haar oudste seun, Deon van Schalkwyk, was sieklik sedert geboorte en is in 1980 dood toe hy maar twee jaar oud was. Phillip van Schalkwyk (23) is in 2004 aan ‘n asma-aanval oorlede en haar derde seun, Christo (27) van Schalkwyk is in 2011 aan longonsteking dood.”

Lees ook: Opvolg oor ongeluk in Ferreirastraat: ouers gesels oor hul hartseer

“Retha bly vra ‘hoekom’. Ons sal eendag antwoorde hê,” het hy bygevoeg.

Van Wyk het in 2005 aan Hoërskool Bergvlam gematrikuleer waarna hy opleiding by Forever Resorts in hotelbestuur en toerisme ontvang het. Hy was sedert 2006 by Mbidi werksaam. “Hy was baie geliefd. Gaan kyk maar op sy Facebook,” het de Beer gesê. Dit is vol huldeblyke.

Me. Eugenie du Plessis het ondermeer geskryf: “Trane wil net nie ophou val nie. ‘n Awesome vriend wat ek random-geselsies kon mee gemaak het is nie meer daar nie. Dit maak so seer. Liewe Jesus pas hom nou mooi op en ek weet hy kyk af na ons almal .Ek het hom maar net ‘n jaar geken. Maar hy het dit laat voel soos ‘n leeftyd. Sy besige persoonlikheid en sy manier van voluit lewe was iets om na op te kyk. Hy het alles gedoen sonder om dit te oordink en dit is hoe ons almal moet lewe – met volheid en asof môre jou laaste dag is.

“Lewe is hopeloos te kort om te sit en wag. Andrew van Wyk, jou amazing awesome vriend. Vandag is ons almal se harte baie seer oor ons jou moes verloor. Maar vaarwel moet ons nie sê nie maar wel tot ons weer ontmoet. Dankie vir ons awesome kuiertjies op Waterfall, Mbidi of by River Cottage. Sal jou altyd in ons harte hou en elke keer wat ons by Mbidi instap, aan jou dink. Dit gaan nie meer dieselfde wees sonder jou nie maar ons sal jou nooit vergeet.”

Van Wyk was in ‘n verhouding met me. Paige Hart. Sy het ook ‘n hartroerende huldeblyk op Facebook geplaas:
“Yesterday was the worst day of my entire life. My life came crashing down in 1 second, words cannot describe the amount of pain I am in. I was so so lucky to be your girlfriend my Love. You made me so so very happy and if everything went according to plan, we would be telling my parents this Sunday that we were moving in together.

“You were my raisin and I was your peanut. I was so so lucky to be the last one you told that you loved. The last one you held and kissed and you have no idea how much I miss you. This pain will never ever heal. You were the strongest most amazing man in the world and I cannot picture my life without you my sweetheart. Thank you so so much for all the special memories and all the promises we made. I will always treasure our very special memories we made my angel.”

Begrafnisreëlings was teen druktyd nog nie bekend nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button