Die lewe is ‘n sprokie
Karakters soos Sneeuwitjie, Wendy en haar broers, Peter Pan, Tinkerbelle en Kaptein Hoek het almal 'n draai op die verhoog kom maak.

Hoërskool Barberton se jaarlikse musiekblyspel het weer onlangs die gehoor bekoor. Die konsert is ‘n mengelmoes van gewilde en klassieke kinderverhale wat verskeie kinkels in die kabels bevat.
Karakters soos Sneeuwitjie, Wendy en haar broers, Peter Pan, Tinkerbelle en Kaptein Hoek het almal ‘n draai op die verhoog kom maak. Die einde is bisar deurdat Kaptein Hoek sy gevoelens aan Sneeuwitjie openbaar met die onthulling dat hy verlief is op haar.
Hy het haar gevra om saam met hom weg te loop en dié twee het gelukkig saamgeleef – of so het Barberton Times glo verneem. Wie weet, dalk wag daar ‘n opvolg op die verhaal – almal sal maar moet wag en sien.
Knap gedaan aan almal wat deel was van die suksesvolle produksie.
Fotos vergunning BHS.







