Hard newsLocal newsNewsNews

Taxi-passasiers spring dood vry

Passasiers van 'n taxi wat op Saterdag 12 September vanaf Rustenburg na Maputo onderweg was, het rakelings die dood vrygespring en byna nooit hul bestemming bereik nie.

KOMATIPOORT – Die taxi was na die Mosambiek-grens op pad toe ‘n vragmotor op die Grimmin-pad voor die voertuig ingedraai het. Die bestuurder het die gevaar sien aankom en ‘n ongeluk probeer vermy deur uit te swaai.

Hy is oor die eiland by die vierrigting- kruising, het beheer oor die motor verloor en by die advertensieborde wat besoekers aan Komatipoort verwelkom, tot stilstand gekom.

Daar is groot skade aan die voertuig gerig, maar wonderbaarlik is niemand beseer nie. ‘n Swanger vrou is wel per ambulans na ‘n hospitaal vir waarneming vervoer.

‘n Ander taxi is gehuur om die geskokte passasiers na hul eindbestemming te vervoer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button