Hard newsNews

Tienerseuns moet help om deure te herstel

Plaaslike skoolseuns se vandalisme het R17 000 se skade by Mbombela Stadion tot gevolg gehad.

OPVOLG: Die vier tienerseuns wat verlede naweek hulself aan vandalisme by Mbombela Stadion skuldig gemaak het, se ouers het onderneem om die skade van R17 000 te betaal.

Na afloop van die Steval Pumas se kragmeting teen die OP Kings op Vrydag 18 September, het die bestuur die volgende oggend op 17 beskadigde deure afgekom. Hulle was almal middeldeur gebreek. Die beskuldigdes is deur beeldmateriaal van kringtelevisiekameras geïdentifiseer.

Alhoewel die stadion se bestuur ‘n kriminele saak van opsetlike saakbeskadiging teen die seuns aanhangig kon maak, het die stadionbestuurder, mnr. Roelf Kotze verlede week met die ouers vergader en tot ‘n vergelyk gekom. “Hulle het onderneem om die skade te betaal en op versoek van die ouers sal die seuns behulpsaam wees wanneer die deure herstel word en sal ook na wedstryde die stadion help skoonmaak.”

MBOMBELA – Die Steval Pumas het verlede Vrydagaand op hul tuisveld teen die OP Kings uitgedraf en ‘n oorwinning van 20-9 behaal. Die wedstryd het sonder enige voorval verloop, maar toe die bestuur die volgende oggend die stadion nagaan, het hulle op 17 beskadigde deure afgekom.

Die deure het almal na stoorkamers gelei en almal was middeldeur gebreek. Die bestuur was stomgeslaan en het beeldmateriaal van die kringtelevisiekameras nagegaan om agter die kap van die byl te probeer kom. Groot was hulle verbasing toe hulle gesien het dat dit vier tienerseuns was wat die deure oopgeskop het. Hulle was op ‘n stadium deur ‘n meisie vergesel, maar sy het nie aan dié vandalisme deelgeneem nie.

“Hulle het op ‘n punt begin en om die stadion geloop en deur na deur oopgeskop,” het mnr. Roelf Kotze, die stadionbestuurder, gesê.

Kotze is met die beeldmateriaal na ‘n hoërskool in die stad om die skuldiges te probeer identifiseer. Hy is na ‘n ander hoërskool verwys en die sondebokke is uiteindelik uitgeken. Kotze het gesê dat, hoewel hulle kriminele sake van opsetlike saakbeskadiging teen die seuns aanhangig kon maak, hulle daarteen besluit het omdat hulle nie “die seuns se toekoms wil vernietig nie”.

Hy wil net hê dat die ouers die koste vir die herstel van die deure moet dek.

So lyk die oopgeskopte deure:

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button