Hard newsLocal newsNewsNews

Landsbugers rol self die moue op stand van sake te beredder

AfriForum Lydenburg-tak het verlede week, as deel van die burgerregte groep se landswye projek, 10 dae van selfgenoegsaamheid, dit aangepak.

LYDENBURG – Motoriste kan ‘n sug van verligting slaak nadat daar begin is met die herstel van slaggate in Bergstraat wat na die Sterkspruithoewes lei.

AfriForum Lydenburg-tak het verlede week, as deel van die burgerregte groep se landswye projek, 10 dae van selfgenoegsaamheid, dit aangepak. Die herstelproses aan die 400m²-straat sal sowat R180 000 kos.

Die 10 dae van selfgenoegsaamheid behels die lewering van munisipale dienste aan dorpe regoor die land.

Gedurende dié 10 dae sal gepoog word om meer as 100 aksies te implementeer wat fokus op die herstel van slaggate, skoonmaak van begraafplase en stortingsterreine, die herstel van straatligte en skoonmaak en behandeling van besoedelde riviere.

Mnr. Hein Gonzales, provinsiale koördineerder van AfriForum in Mpumalanga, het by die afskop van die projek gesê dat daar weggedoen moet word van regerings-afhanklikheid en eerder op selfgenoegsaamheid gefokus word.

“Die 10 dae van selfgenoegsaamheid is bekendgestel ter voorbereiding vir die Solidariteitsbeweging se konferensie vir toekomsberaad wat op Saterdag

10 Oktober in Pretoria gehou word,” het Gonzales gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button