Hard newsNewsNews

Plaaslike vlieëniers en reddingspanne soek na vermiste vliegtuig

Die seun van 'n bekende plaaslike chirurg het Vrydag vanaf Wonderboom-lughawe in Gauteng opgestyg. Daar word tans na sy vliegtuig in die Blyderivierspoort gesoek

MBOMBELA – Plaaslike vlieëniers en lede van die polisie se honde- en watervleuel op Witrivier is tans in die Mariepskop-berge in die Blyderivierspoort besig om na ‘n vermiste vliegtuig te soek.

Mnr. Jannes Scheepers, seun van die plaaslike mond-en-kaak spesialis, dr. Pieter Scheepers, het Vrydagoggend vroeg vanaf die Wonderboom-lughawe in Gauteng opgestyg. Sy eindbestemming is nie bekend nie.

Mnr. Mark Jackson, een van Working on Fire se vlieëniers, het sowat 30 minute gelede in die poort geland. Hy het gesê dat hy nie veel inligting oor die vlieënier het nie en dat hy ook nie weet waarheen hy op pad was nie.

“Ons soek na ‘n vliegtuig met die registrasienommer ZS-MRM. Dit het Vrydag by Wonderboom opgestyg.

DIe vermiste vliegtuig.
Die vermiste vliegtuig.

Daar is gister ook in die Loskop-omgewing in Middelburg na die vliegtuig gesoek, maar sonder sukses. Woordvoerders van Burgerlugvaart kon nie bereik word vir kommentaar nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button