NewsSchool sportSchoolsSport

Reus met hart van goud hou skool se naam hoog

Tian du Pont het tydens die vakansie in die o/14 SA Bokkietrui uitgedraf en sy land in Namibië verteenwoordig. Hy dra die nommer-een trui en hierdie reus, met die sagste hart, is ‘n gr. 8-leerder in Komatipoort Akademie. Hy staan reeds 1,83m in sy sokkies en dra ‘n nommer 15-rugbystewel. Hy is gewild in sy …

Tian du Pont het tydens die vakansie in die o/14 SA Bokkietrui uitgedraf en sy land in Namibië verteenwoordig.

Hy dra die nommer-een trui en hierdie reus, met die sagste hart, is ‘n gr. 8-leerder in Komatipoort Akademie.

Hy staan reeds 1,83m in sy sokkies en dra ‘n nommer 15-rugbystewel.

Hy is gewild in sy skool en was in gr. 7 onderhoofseun.

Tydens die Mnr. en Mej. Komati Kompetisie so ‘n week gelede, is hy ook gekies as Mnr. Persoonlikheid.

Tiaan vertel dat hy die toer baie geniet en dat hy baie ondervinding opgedoen het.

Een van die hoogtepunte was toe hulle Duin 7 uitgeklouter het.

“Sjoe! Dis baie steil, dis rof,” het hy vertel.

Daar is vier wedstryde gespeel waarvan Suid-Afrika se Bokkies drie gewen het.

Hulle het Upington met 17-5, Karibib met 19-17 en Walvisbaai met 16-14 die loef afgesteek maar het teen Windhoek met

23-17 verloor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button