Editor's choiceGalleriesLifestyleLocal newsNewsNewsPeopleSchoolsSchools galleries
CVO leerders sing en dans hul harte uit tydens konsert
Die Waterval CVO-skool het verlede Donderdag ‘n konsert en Kersspel opgevoer
BURGERSFORT – Die Waterval CVO-skool het verlede Donderdag ‘n konsert en Kersspel opgevoer.
Die aand is met ‘n balletopvoering deur die junior dogters afgeskop waarna die leerlinge in hul verskeie grade opgetree het en liedjies soos ”Footloose”,”Lighthouse” en ”Hillbilly Rock” gesing het.
Na pouse het die leerlinge kostuums verander en die Kersspel is gehou. Die aand is op ‘n hoë noot afgesluit nadat al die leerlinge die verhoog betree het om die gewilde liedjie “Houtkruis” te sing.


