Hard newsNewsNews

Nog geen verligting in sig – Waterbesparing nou uiters noodsaaklik

Die damvlakke in die Laeveld en omgewing is beduidend van 'n lae reënval. Damvlakke het met 'n gemiddeld van 18 persent gedaal vanaf November 2014 tot nou.

MBOMBELA – Die land is op sy knieë weens die droogte en die Laeveld is geen uitsondering nie.

Waterbeperkings is in al die plaaslike munisipale streke ingestel, behalwe Thaba Chweu. Me. Elsa de Jager, die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAW) se eenheidbestuurder vir klimaatinligting, het by navraag gesê dat die land die droogste is sedert 1991/92.

Mpumalanga het tydens 2002/03 en 2005/06 ook droogtes ervaar. “Die akkumulatiewe effek van langdurige reënval minder as normale vlakke vererger die impak van droogtetoestande,” het sy gesê.

Mpumalanga het tydens die droogte van 1991/92 sowat 294mm minder as die gemiddeld van 793mm reën gehad.

‘n Reënseisoen word vanaf Julie tot Junie gemeet en Mpumalanga het tydens 2014/15 gemiddeld 604mm reën gehad, sowat 189mm minder as wat verwag word is.

Die damvlakke in die Laeveld en omgewing is beduidend van ‘n lae reënval. Damvlakke het met 18 persent gedaal vanaf November 2014 tot nou. Die hoogste daling van 37,8 persent is gemeet in Witklipdam. Sien die res van die damvlakke hieronder:

Damvlakkeinfograp_87510

Ingevolge die waterbeperkings word inwoners gevra om tot verdere kennisgewing op te hou om tuine nat te lei. Hier is vyf maniere om water te bespaar:
• Draai die kraan toe as jy tande borsel. Dit kan tot ses liter water per minuut spaar.
• Maak seker dat toilette en krane nie lek nie. Dit kan tot 15 liter per dag mors.
• Stort eerder as om te bad en beperk die tyd daarvan.
• Was groter bondels wasgoed.
• Vermy die gebruik van tuinslange. Dit kan tot ‘n 1 000 liter per uur gebruik.
Mnr. André Scheepers van Lowveld and Escarpment Fire Protection Association (Lefpa) het gewaarsku teen ‘n groot brandgevaar weens die warm, droë en winderige toestande.

Sien ‘n grafiese voorstelling van die gemiddelde reënval vanaf 2009 tot op hede, soos gemeet deur die SAW.

Reenpsdcopy_84192

Volgens die SAW sal die eerste behoorlike reën waarskynlik eers in Maart volgende jaar val.

Ingevolge die waterbeperkings word inwoners gevra om tot verdere kennisgewing op te hou om tuine nat te lei.

Mnr. André Scheepers van Lowveld and Escarpment Fire Protection Association het gewaarsku teen ‘n groot brandgevaar weens die warm, droë en winderige toestande.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button