Reëlings vir die jaarlikse Geloftefees reeds begin
Dis byna weer tyd vir die gewilde Geloftefeesvieringe in die Watervalsriviervallei. Inwoners wat die fees jaarliks bywoon, het reeds begin bak en brou, reëlings tref vir die opslaan van tente en om die feeshuis skoon te maak. Selfs die gras op die terrein word gesny om te verseker dat die fees seepglad verloop

BURGERSFORT – Dis byna weer tyd vir die gewilde Geloftefeesvieringe in die Watervalsriviervallei. Inwoners wat die fees jaarliks bywoon, het reeds begin bak en brou, reëlings tref vir die opslaan van tente en om die feeshuis skoon te maak. Selfs die gras op die terrein word gesny om te verseker dat die fees seepglad verloop.
Hierdie instelling, om die Bloedrivier-gelofte te herdenk, sal vanjaar weer by die feeshuis op die R37 tussen Burgersfort en Lydenburg plaasvind.
Die oorspronklik feeshuis was ‘n sinkkonstruksie wat deur Martiens van Rensburg en Koos Naudé opgerig is, maar dit is in 1948 met bakstene herbou wat deur Dirk Winterbach gemaak is. Die totale boukoste was daardie tyd 600 pond.
Die program vir vanjaar se fees strek vanaf 15 tot 17 Desember. Vir enige navrae skakel Piet Pretorius by 082-523-8395 of Ilze Pretorius by 082-944-7192.
Program:
Dinsdag 15 Desember
• Laertrek deur die loop van die dag
• 18:00 Bring-en-braai. Pap en sous word voorsien.
Woensdag 16 Desember
• 04:30 Saluutskote
• 07:30 DVD in die saal oor die verhaal van Bloedrivier
• 09:00 Erediens gelei deur ds. Abel Steyn
• Koffie en tee na afloop van die diens (almal word aangemoedig om saam met die kampeerders ‘n koppie koffie te geniet)
• 11:00 Algemene vergadering
• 13:00 Ete onder die boom. Bring ‘n vleisgereg, bykos of poeding
• 18:30 Toneel deur kampeerders.
Donderdag 17 Desember
• Laer word deur die loop van die dag afgebreek.
