Local newsLocal sportNewsNewsSport

Swemklub vier suksesvolle jaar met ‘n skaapbraai

Komatipoort Swemklub het op Vrydag 20 November hul eerste prysuitdeling en jaarafsluiting gehou waar die swemmers se talent gevier is. Hulle het 'n gesellige skaapbraai geniet en heel gepas, 'n waterpolokompetisie gehad. Komatipoort se swemmers het goed presteer en werk hard vir al die galas wat vir die res van die seisoen voorlê.

Hulle volgende groot een is Mpumalanga Kampioenskappe wat vanaf 27 tot

29 November in Mbombela plaasvind. Afrigter, Stephan Kuhn, sê dat die kinders baie hard gewerk het om te kom waar hulle nou is. Hy kan nie wag om te sien hoe sy swemmers teen Mpumalanga se topatlete kompeteer nie.

Daar het ‘n behoefte bestaan om ekstra klasse aan te bied. Stephan en sy vrou, Kate, wat albei op nasionale vlak in die sport gekompeteer het, het kragte saamgesnoer en met die groot taak gehelp.

Die klub het verlede seisoen met vyf swemmers gespog wat vir vlak 1 gekwalifiseer het, naamlik Desire en Marlize van Staden, Hanro van Heerden, Kate van Schalkwyk en Alida Stronkhorst. Mel Stronkhorst het Mpumalanga by die Nasionale Kampioenskappe in Durban in April verteenwoordig. Die aand was ‘n groot sukses en elkeen het huis toe gegaan met ‘n medalje of ‘n trofee.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button