GalleriesLocal newsNewsNewsSchoolsSchools galleries

Gradeplegtigheid by SAVF Kleutervriend ‘n emosionele oggend

Die kleingoed, wat spoggerig gelyk het in hul togas, het uit volle bors die volkslied gesing en daarna ‘n gedig opgesê waarin hulle hul ouers bedank het vir hul liefde en ondersteuning, asook die versekering dat hulle nou reg is vir die groot skool.

Die emosies het verlede Saterdagoggend hoog geloop tydens die gradeplegtigheid van die gr. R’e van SAVF Kleutervriend. Nie net het die ouers van die jongelinge wat volgende jaar laerskool toe gaan swaar gesluk nie, maar hoof van die skool, Liana Nieuwenhuis, moes tydens haar toespraak die sneesdoekies nadertrek. Sy het vertel dat die klas van 2015 haar besonder na aan die hart lê aangesien haar eerste siklus kinders nou klaarmaak en sommige van hulle het saam met haar begin.

“In 2005 het ek ‘n pad met SAVF Kleutervriend Kleuterskool begin stap toe my oudste, Lyla daar begin het. In 2010 het ek self en Arno, my jongste, daar begin. Nou, ses jaar later, gaan Arno groot skool toe. In hierdie ses jaar het ons transformasie ervaar. Ons was saam ‘n mean team. Dankie dat ons as skool deel kon wees van julle gesinne, dankie vir julle vertroue in ons. Elzette Korff, dankie vir die regterhand wat jy vir my is en Lynette Rautenbach, dankie vir jou touch by geleenthede soos vandag.”

Die kleingoed, wat spoggerig gelyk het in hul togas, het uit volle bors die volkslied gesing en daarna ‘n gedig opgesê waarin hulle hul ouers bedank het vir hul liefde en ondersteuning, asook die versekering dat hulle nou reg is vir die groot skool.

Nadat elkeen ‘n sertifikaat en trofee van hul klasonderwysers Liana en Elzette ontvang het, is daar lekker gekuier rondom tafels wat onder die sout- en soethappies gekreun het.
Barberton Times wens elke kind en ouer voorspoed toe met die nuwe pad wat julle nou betree.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button