Hard newsLocal newsNewsNews

Nuwe groep fokus

Marlothpark is in agt sektore ingedeel en blokkapteine is gewerf

MARLOTHPARK – Mnr. Willie van Zyl woon al baie jare in Marlothpark en het tye beleef toe dit nog ‘n ware paradys was. Hy was oor die jare by verskeie aktiwiteite betrokke en het menige vergadering bygewoon. Die groep “Concerned Citizens” is oral in Suid-Afrika op die been gebring en by ‘n vergadering van die groep op Hectorspruit het Van Zyl besluit dat dit die regte organisasie vir Marlothpark is.

Na gesprekvoering met me. Sanet Bruins-Lich is die eerste vergadering op 28 September 2015 gehou. Marlothpark is in agt sektore ingedeel en blokkapteine is gewerf. WA & Genote Sekuriteit, Field Sekuriteit en Securicon Sekuriteit het aangebied om die plakkers en baadjies vir die blokkapteins te borg. Field Sekuriteit het ook agt handradio’s geskenk.

Na verneem word, was dit die eerste keer in die bestaan van Marlothpark dat al die belanghebbende organisasies onder andere, MPPOA, Marlothii Bewaringsgebied, munisipale veldwagters, GPF, al drie sekuriteitsmaatskappye, Marlothpark se pas-erkende wetstoepassers bekend as LEO’s (law-enforcement officers), SAPD Komatipoort en Nkomazi Verkeersdepartement, onder een dak vergader het.

Die sektore werk baie nou saam met van bogenoemde organisasies om veiligheid in Marlothpark te verseker. Die GPF is die skakel tussen die SAPD, gemeenskap en die sektore.

Daar is reeds twee suksesvolle veiligheidsoefeninge gehou. Die sektore het tans 14 sektorkapteins. Indien inwoners belangstel om betrokke te raak of uit te vind in watter sektor hulle behoort, kan hulle met die volgende persoon skakel: Me. Sanet Bruins-Lich by 072-893-3211.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button