Community galleriesGalleriesLocal newsNewsNews

Liefdadigheid is ‘n absolute passie vir hierdie groep geesdriftiges

Die Laeveld Aksie Groep streef vir die afgelope vyf jaar daarna om bekostigbare verblyf aan bejaardes te verskaf en hou gereeld fondsinsamelingsaksies vir hierdie doel.

‘n Groepie plaaslike vroue is sedert 2010 hard aan die werk met fondsinsamelingsaksies om ‘n versorsingshuis op die been te bring vir bejaardes. Die Laeveld Aksie Groep (LAG) het tans 22 lede en het al ‘n goeie neseiertjie bymekaargemaak.

Die groep is gestig om die groeiende navraag na bekostigbare verblyf vir bejaardes in Witrivier aan te spreek. Hulle plan is om ‘n huis te koop en te omskep in ‘n versorgingstuiste, met kamers wat aan bejaardes uitverhuur word. Dit sal bekostigbaar wees om veral mense wat slegs van hul persioen afhanklik is te kan akkommodeer. Hulle word dan een maal per dag van ‘n gekookte ete voorsien.

Die groep vergader een maal ‘n maand en bied ook elke eerste Saterdag van die maand vanaf 07:00 ‘n mark op die grasperk by die musipale kantore aan. Hier word ‘n verskeidenheid handewerk, produkte en plaasvars groente en vrugte verkoop.

Die groep hoop om jonger lede betrokke te kry, sodat hulle kan aanhou groei en nuwe energie in die groep kan kry. “Ons lê die fondasie en het die jongetjies nodig om die mure en verder te bou. Veral aangesien die meeste van ons op pad tehuis toe is,” spot een van die tannies.

Die groepie is egter nog heel energiek en het al heelwat interessante uitdagings getakel. Hulle het al by die Paradise Rally in Sabie gewerk, in tente gebly en vir ‘n hele naweek deurnag om die pannekoekstalletjie te beman. “Ons bak die lekkerste pannekoek in die Laeveld,” meen een van die lede en nooi almal om te kom proe.

Daar is ‘n wonderlike gees en hope spanwerk onder groep, veral omdat almal passievol oor hul projek is. Hulle genereer op elke manier wat hulle kan geld en kon op die manier al vir hulle ‘n waentjie aanskaf om al hulle gereedskap mee rond te karwei.

As deel van hulle fondsinsamelingsaktiwiteite doen die groepie ook spyseniering vir verskeie geleenthede en die gemeenskap is welkom om voorsitter Hermien van de Venter te skakel by 083-258-2177 vir enige navrae.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button