MBOMBELA – Die drie beskuldigdes in die sogenaamde “graafsaak” het Woensdag vlugtig in die Nelspruit Streekhof verskyn.
Mnr. Pleasure Ngobeni (21), mnr. Solly Bedwell Zitha (39) en me. Ilinah Magagulah (44) staan sedert 2009 tereg op verskeie gewelddadige aanklagte.
Die drie het na bewering op 23 Desember daardie jaar op me. Vhamija Tibane se vee toegesak en daarvan gebuit.
Laevelder het vroeër berig dat die die 73-jarige slagoffer daarna met ‘n graaf aangerand is. Sy is ernstig beseer en het later aan haar wonde bewsyk.
Ngobeni, Zitha en Magagulah staar klagtes van aanranding, roof met verswarende omstandighede, opsetlike saakbeskadiging en moord in die gesig.
Die voorlopige verhoordatums is as 16 en 17 Mei bevestig.
