Hard newsLocal newsNewsNews

Noue ontkoming na duikslag

'n Man is Sondag in Rob Ferreira Hospitaal opgeneem nadat 'n rugbesering, wat hy in Die Watergat se swembad opgedoen het, hom tydelik lam gelaat het

MARLOTHPARK – ‘n Man is Sondag in Rob Ferreira Hospitaal opgeneem nadat ‘n rugbesering, wat hy in Die Watergat se swembad opgedoen het, hom tydelik lam gelaat het.

Die voorval het kort na middagete plaasgevind toe mnr. Bennie Stander (41) van Komatipoort besluit het om saam met sy kinders in die water te gaan baljaar.

Hy het ingeduik en sy kop het die bodem van die swembad getref.

Sy seun Patrick (13) het dadelik opgemerk dat sy pa nie na die oppervlakte kom nie en het ingeduik om hulp te verleen. Hy het sy suster, Nita (10), aangesê om sy ma, Adelle, te gaan roep. ‘n Familielid, mnr. Adriaan Stander het onmiddellik Field Sekuriteit ontbied waarna die persoon aan diens Securicon na die toneel ontbied het.

Dié maatskappy se mediese personeel -, mnr. Pieter du Plooy en sy span – het dadelik gereageer.

Volgens die familie het die ambulans en helikopter binne 20 minute op die toneel aangekom.

Du Plooy het met sy aankoms onmiddellik in die swembad ingegaan om Stander by te staan. Op daardie stadium het hy geen gevoel in sy bene gehad nie, maar wel in sy arms. Hy het egter geen motoriese reflekse gehad nie. Hy is per helikopter vanaf Marlothpark na Rob Ferreira Hospitaal in Mbombela geneem.

Stander was omstreeks 09:00 Maandag, byna 17 uur na die voorval, nog steeds in die ongevalle-afdeling van Rob Ferreira en is toé eers deur ‘n neurochirurg gesien, waarna hy vir ‘n skandering van sy ruggraat gestuur is.

Die chirurg het omstreeks 16:00 op dié dag terugvoering aan die familie gegee. Hulle is ingelig dat hy geen breuk opgedoen het in die voorval nie, en dat dit slegs spinale skok is wat tot ses weke kan neem om te herstel.

Stander sal ‘n verdere twee weke in die hospitaal moet deurbring. Hy het gisteroggend gevoel in sy bene begin terugkry.

Die Stander-familie het hulle opregte dank vir die flink en professionele optrede van Securicon en hulle mediese personeel uitgespreek. Verder bedank hulle ook vir

me. Nettie Loretz, eienaar van Die Watergat, en me. Pat Vorster, bestuuurder, vir die hulp en bystand wat hulle verleen het.

Loretz en Vorster het ook hulle dank aan Securicon en Field Sekuriteit uitgespreek vir die flink diens wat hulle gelewer het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button