EntertainmentLifestyleLocal newsNewsNewsPeople

Jan Blohm blaas stoom af by JamJar

Die Blohmtrein het weer stoom afgeblaas by JamJar met nog 'n uitstaande vertoning en 'n restaurant wat volgepak was met geharde aanhangers van Jan Blohm en Neil Nachtrein.

LYDENBURG – Die Blohmtrein het weer stoom afgeblaas by JamJar met nog ‘n uitstaande vertoning en ‘n restaurant wat volgepak was met geharde aanhangers van Jan Blohm en Neil Nachtrein.

Van 2002 het Jan al begin om mense se harte te wen met eg-Afrikaanse poësie wat in musiek vasgevang is. Na baie omstredenheid en sy innerlike worstelinge, staan Jan deesdae sterk en dit word tans in sy musiek weerspieël. Die gehoor is geboei met nuwe werke wat Jan en Neil tydens die vertoning gelewer het en wat spoedig in ‘n album opgeneem word. Natuurlik het hulle ook met ou gunstelinge getref, met sy dogter se teddiebeer wat gebruiklik die skare toekyk.

Dit is die tweede keer wat die dinamiese duo JamJar besoek en dié is een van vele vertonings wat die restaurant beplan. Albert de Wet en Bacchus Nel is op die lys asook Koos Kombuis, Naming James en Laurika Rauch wat ook nog op pad is.

Met ‘n hele klomp toekennings agter sy naam het Jan al ‘n ver pad geloop en dit is bemoedigend om te sien hoe sy passie hom lei. Sy aanhangerbasis groei by die dag en sy duet “Groen trui” met Karen Zoid het dit nog eksponensioneel laat groei.

Hoewel sy invloede van BB King tot ZZ Top strek, is sy groot liefde Afrikaans en sal hy altyd in sy hart ‘n kunstenaar bly: “Solank jy as ‘n kunstenaar kan Camels rook, en jy het ‘n kitaar is alles die moeite werd.”

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button