GRASKOP – Johan Heunis, wat vir die stad se verkeersafdeling werk, is vandag in die Rondgaande Hoë hof gevonnis nadat hy in 2015 skuldig bevind is aan strafbare manslag.
Heunis (60) het me. Michelle Curgenven (36) in haar huis in die Tussenberge kompleks in Steiltes doodgeskiet. Regter Peter Mabuse het beslis dat haar dood ‘n ongeluk was.
Heunis se regspan het vandag benadruk dat hy nie die skoot afgevuur het wat haar dood veroorsaak het nie, maar dat sy gewond is en gesterf het nadat “‘n geweerskoot afgegaan het.”
Lees: Heunis se weergawe van gebeure
Lees ook: Meer oor die ballistiese getuienis in die saak
Mabuse het Heunis tot agt jaar tronkstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort is. Hy is gemaan om hom nie weer aan ‘n soortgelyke misdryf skuldig te maak nie.
Heunis is onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.
Lees Laevelder se volledige berig in Vrydag se koerant.
