Local newsLocal sportNewsNewsSchool sportSport

Toekomstige sterretjies blink uit op atletiekveld

Die jaarlikse interkleuter-atletiek het die afgelope naweek plaasgevind waar jong atlete weer die geleentheid gegun is om hulle atletiekvernuf ten toon te stel.

Die jaarlikse interkleuter-atletiek het die afgelope naweek plaasgevind waar jong atlete weer die geleentheid gegun is om hulle atletiekvernuf ten toon te stel.

Kleuters van verskeie kleuterskole in die dorp neem jaarliks aan dié atletiekdag deel waar mammas, pappas, oumas en oupas gewys word wie die toekomstige atletieksterre gaan wees.

Maats het vroegoggend die dag geopen deur saam met ander kleuters om Hoërskool Lydenburg se baan te loop.

Na die opening het die werklike

pret begin. Verspring, hekkies, boontjiesak-gooi en banderol was van die aktiwiteite waaraan die kleintjies deelgeneem het. Terwyl die jongspan te lekker atletiek gehou het, kon ouers weglê aan worsbroodjies, jaffels, sosatierolle en wors op ‘n stokkie.

Die dag is vanjaar deur Babbelkousies, Doodlebugs, Minnie and Mickey’s

Club House, Dwergieland, Genie’s Pre-School, Lydenburg Pre-Primêr en Krappies en Krefies Kleuterskool aangebied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button