VEK Se Fear Factor jeug dag
Die Volle Evangelie Kerk het op Jeugdag behoorlik gewoeker tydens die werkende jeug se Fear Factor-uitdaging. Verskeie lede van die gemeenskap het opgedaag om hulle vrese in die gesig te staar en hopelik te oorkom. Met kontantpryse op die spel, moes sommige maar hard sluk en moed hou om die verskeie take te voltooi. Die …
Die Volle Evangelie Kerk het op Jeugdag behoorlik gewoeker tydens die werkende jeug se Fear Factor-uitdaging. Verskeie lede van die gemeenskap het opgedaag om hulle vrese in die gesig te staar en hopelik te oorkom. Met kontantpryse op die spel, moes sommige maar hard sluk en moed hou om die verskeie take te voltooi.
Die verrigtinge is met ‘n boodskap begin, wat die organiseerder me.
Bianca Pheasant met die deelnemers en toeskouers gedeel het. Sy het uit die Bybel voorbeelde aangehaal van mense wat gevrees het, en tog oorwin het.
Daarna het die pret begin. Elke deelnemer moes ‘n glasie vol suurlekkers eet en daarna vyf koekies. Daarna moes hulle ‘n ballon opblaas tot dit bars. Dit was meer ‘n gelag en ‘n gerondspelery as enigiets anders. Die deelnemers moes met hulle monde vark- en hoenderpote na verskeie bakke verplaas. En asof dit nie erg genoeg was nie, moes hulle hul gesigte in ‘n bak meelwurms druk om ‘n wiskundesom uit te werk. Die deelnemers het met elke ronde een vir een begin uitval en net ‘n handjievol het die laaste twee uitdagings aangepak.
Vasgeketting aan ‘n asblik vol vuilgoed, moes hulle deur die rommel krap en grou om die regte sleutel te kry wat hulle voet sou oopsluit.
Daarna is daardie einste voet in ‘n swembad vol albasters en ys ingedruk. Die bittereinders moes met hulle tone soveel moontlik albasters in ‘n gegewe tyd uithaal en in ‘n bakkie gooi. Die hele byeenkoms het volgens ‘n puntestelsel gewerk en daar is drie wenners aangekondig.
Die kerk nooi die jeug uit, oud en jonk – al is jou krulle al grys, en jy is nog jonk van gees – om elke tweede Vrydag om 19:00 saam met hulle te vergader by die kerk en hope pret te
.

