Fear Factor vir VEK jeugdag
Die Volle Evangelie kerk het op Jeug dag behoorlik gekruwel tydens die werkende jeug se Fear Factor uitdaging. Verskeie lede van die gemeenskap het opgedaag om hulle vrese in die gesig te staar en hopenlik te oorkom. Met kontant pryse op die spel moes sommige maar hard sluk ek moed hou om die verskeie take …

Die Volle Evangelie kerk het op Jeug dag behoorlik gekruwel tydens die werkende jeug se Fear Factor uitdaging. Verskeie lede van die gemeenskap het opgedaag om hulle vrese in die gesig te staar en hopenlik te oorkom. Met kontant pryse op die spel moes sommige maar hard sluk ek moed hou om die verskeie take te voltooi. Die verigtinge is afgeskop deur ‘n boodskap wat organiseerder Mev Bianca Pheasant met die deelnemers en toeskouers gedeel het, waar sy uit die Bybel voorbeelde aangehang het van mense wat gevrees het, en toe oorwin het. Daarna het die pret begin. Elke deelnemer moes ‘n glasie vol suur lekkers eet en daarna 5 koekies eet, toe moes elkeen ‘n ballon opblaas tot hy bars. Dit was meer ‘n gelag en rondspelery as enige iets anders. Die deelnemers moes toe met hulle monde alleenlik vark en hoender pote na verskeie bakke verplaas. En asof dit nie erg genoeg was nie moes die deelnemers hulle gesigte in ‘n bak meelwurms druk om ‘n wiskundkige som uit te werk. Die deelnemers het met elke rondte bietjie vir bietjie begin uitval, en net ‘n handjievol was oor met die laaste twee uitdagings. Vas geketting aan ‘n asblik vol vuilgoed moet die deelnemers deur die vuilgoed krap en grou om die regte sleutel te kry wat hulle voet sou oopsluit, daarna is daardie einste voet in ‘n swembad gedruk vol albasters en ys. Die deelnemers moes met hulle tone soveel moontlik albasters in ‘n gegewe tyd uithaal en in ‘n bakkie gooi. Die hele dag het volgens ‘n punte stelsel gewerk en daar is drie wenners aangekondig. Die kerk nooi alle jeug uit, oud of jonk, al is jou krulle al grys, as jy jonk van gees is, om elke tweede vrydagaand om 19:00 saam met hulle te vergader by die kerk en hope pret te hê.
