Sering boom
BURGERSFORT – Sommige inwoners in die dorp kan onbewus daarvan wees dat baie van die skadubome wat op straathoeke in die dorp staan, ‘n indringerboom en dodelik gevaarlik is. Seringbome floreer oral in die dorp, voor wat van die familie Meliaceae afkomstig is, kom oorspronklik van Suid-Oos Asië en Australië af. Dit is ‘n medium-grootte …
BURGERSFORT – Sommige inwoners in die dorp kan onbewus daarvan wees dat baie van die skadubome wat op straathoeke in die dorp staan, ‘n indringerboom en dodelik gevaarlik is.
Seringbome floreer oral in die dorp, voor wat van die familie Meliaceae afkomstig is, kom oorspronklik van Suid-Oos Asië en Australië af. Dit is ‘n medium-grootte boom en kom nou byne oor die hele land voor. Die boom kom meestal by water voor en versprei deur middel van sy sade wat deur riviere, voëls of met die wind versprei word. In die dorp self, kan mens nie help om hulle op te merk nie, van die hoofstraat tot agter in berge. Dit is ‘n boom wat oorneem, en wat dodelik gevaarlik is.
Die boom is op sig self is nie ‘n gevaar nie, dit is slegs sy ryp bessies wat afval wat skadelik en selfs dodelik is. Alhoewel baie skaapboere dit vir hulle vee voer met geen newe effekte nie, moet mens versigtig wees want as hulle groot hoeveelhede inkry kan dit skade berokke, en is dit vir ander diere soos honde en katte, en ook mense dodelik. Die Bessie se gifstof wat senuweesimptome het, en spierbewerasies veroorsaak, kan lei tot erge asma aanvalle en verlamming in diere voordat hulle vrek. Mens kan slegs met ‘n nadoodse ondersoek vasstel of dit wel die bessie is wat die dood veroorsaask het. Volgens mnr. Hildegard de Beer van die Plant Beskermings- en Navorsingsinstituut van Suid Afrika, kan die boom beheer op drie maniere beheer word. Die eerste sal wees om jong boompies uit die grond uit te trek wanneer die grond vogtig is. Indien die boom al ‘n redelike grootte is kan die bas in ‘n sirkel vorm van die boom afgeskeur word, waarvan hy dan sal vrek. Volwasse bome kan doodgemaak word deur 25cm bo die grond in die stam in te boor en ‘n spesiale dieselmengsel daarin te spuit, dit is die chemise manier van behandeling.Die boom het in Oktober maand ‘n helder pers blom, vanwaar ‘n bessie vorm. Die Bessie kom op die boom geel voor en voëls kan soms gesien word daarvan eet. Dit is wanneer die Bessie rooi-pers verkleur wanneer mense vergiftig moet wees vir dit, en selfs wegbly. Op verskeie webtuistes beveel navorses en plankundiges mense aan om ontslae te raak van die boom, en hulle kinders en diere weg te hou van die bessies af. Steelburger/Lydenburg Nuus het drie persone op die straat gevra of hulle bewus is van die gevaar wat die boom inhou, Mr Martin Fouche het gesê dat hy wel bewus is van die probleem en dat hy als in sy vermoë doen om hulle uit te roei. Mev Tikkie Jansen verneem dat sy onbewus is van die gevaar en dat sy as kind met die bessies gespeel het. Mev Tebogo Thobejane was verbaas om te hoor dat die boom giftig is en sy sê sy weet nie eers hoe om hom uit te ken tussen ander bome nie.Die woordvoerder van die Omgewings Departement van die Plaaslike Minusipaliteit Mr Jabu Shangwe, stel voor dat mense eerder wegbly van die bome af, en indien hulle dit kan identifiseer, moet hulle die Departement van Omgewingsbestuur van die Sekhukune streek kontak. “Mense moet nie net bome afkap nie, ek is nie bewus van enige sake van vergiftiging nie, maar ek raai die mense aan om die bome te vermei,” se Shangwe. Daar is volgens hom in die toekoms voorsiening gemaak vir bewusmakings veldtogte rakende die boom.







