LifestyleLocal newsNewsNewsPeople

wit kruis

BURGERSFORT – Ramshorings wat opklink en gebede wat oor die dorp en sy mense uitgestort word, is iets wat weekliks by die witkruis van Burgersfort plaasvind. Enigiemand wat die dorp inry, kan die legendariese baken op die koppie skuins bo die munisipale geboue nie miskyk nie. Die kruis wat nou daar opgerig is, is egter …

BURGERSFORT – Ramshorings wat opklink en gebede wat oor die dorp en sy mense uitgestort word, is iets wat weekliks by die witkruis van Burgersfort plaasvind.

Enigiemand wat die dorp inry, kan die legendariese baken op die koppie skuins bo die munisipale geboue nie miskyk nie. Die kruis wat nou daar opgerig is, is egter nie die oorspronklike nie.

Die eerste kruis, wat van hout gemaak was, is 14 jaar gelede op dié klein stukkie van die berg wat aan die Nederduitse Gereformeerde Kerk behoort, opgerig.

Die oprigting net destyds gepaard gegaan met ‘n groot optog waar lidmate en medegelowiges die koppie uitgestap net in herdenking van wat Jesus op Golgota deurgegaan het.

Na die jare se verweer, het die kerk dit goed gedink om ‘n nuwe kruis op te rig, hierdie keer van vlekvrye staal. Mnr. Johan Steyn het die kruis gemaak.

Die verwagting is dat hierdie kruis langer sal hou, onder alle weersomstandighede. Van nader beskou is die kruis reusagtig. Dus is dit van oral in die dorp sigbaar.

“Die kruis is ‘n simbool van Christendom. Elke Maandag om 06:00 kom ‘n klein groepie mans by die kruis bymekaar, waar ons vir die gemeenskap en die ekonomie, bid. Ons blaas ook op ramshorings vir verskeie redes, van geestelike oorlogsvoering tot oorwinningskrete,” vertel mnr. Carl Lourens, ‘n gemeentelid wat al vir jare deel is van die kerk.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button