Editor's choiceLifestyleLocal newsNewsNews

Jong musikante is dorp se trots

Tydens die kompetisie het Liza Joubert opgetree as beoordelaar. Die einste Koos Kombuis het “Liza se klavier” vir Joubert gekomponeer. Sy was vol lof vir die deelnemers se harde werk.

Musiekleerlinge se vlytige vingers het gesorg dat die toekennings inrol na die Mbombela Eisteddfod wat op 25 Augustus gehou is. Dié leerlinge van Ria Aucamp het baie goeie uitslae behaal.

Tydens die kompetisie het Liza Joubert opgetree as beoordelaar. Die einste Koos Kombuis het “Liza se klavier” vir Joubert gekomponeer. Sy was vol lof vir die deelnemers se harde werk.

Die volgende leerlinge het A++ toekennings (90% +) ontvang: Tacita Black (klawerbord nie-kompeterend asook kompeterend), Ewan Fritz (klawerbord nie-kompeterend), Zanri Hanekom (klavier nie-kompeterend asook kompeterend), Jané Maliepaard en Bianca le Grange (klavierduet – nie-kompeterend).

Die leerlinge wat A-plus (85-89%) behaal het vir klawerbord is: Juan Buckingham, Stephnie Fritz, Liané Hanekom, Zanri Hanekom en Bianca le Grange. Vir klavier het Claudia Olivier, Jané Maliepaard en Etli van der Merwe het ook A-plus (85-89%) behaal.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button