Local news

Mosselbaai-duo maak hul debuut in die Laeveld

Die duo se rou, akoestiese Afrikaanse musiek het gesorg vir 'n plesierige aand vir jonk en oud.

Met glinsterende liggies en ‘n warm somersaand as agtergrond was Spoonful Café op 8 Oktober propvol vir Henru en Schwabie se eerste vertoning in Mbombela.

Plaaslike kunstenaars Coenie Naudé en Plain Jane het die aand afgeskop en ‘n gesellige atmosfeer geskep om die gehoor vir die hoofkunstenaars op te warm.

Adele Jacobs en Hannah Trighardt.
Adele Jacobs en Hannah Trighardt.

Die duo van Mosselbaai het die gehoor met treffers soos “Goeie Ou” en “Rooi, Wit & Blou” vermaak. Dié liedjies het reeds meer as ‘n miljoen luisteraars op verskeie platforms bereik. Hul rou, akoestiese en eerlike Afrikaanse musiek, met lirieke wat dieper delf, het by oud en jonk aanklank gevind. Die gehoor het op die maat geknik en entoesiasties saamgesing.

Henru en Schwabie het in 2024 hul eerste enkelsnit as duo, “Goeie Ou”, vrygestel en sedertdien hul plek in die Afrikaanse musiekbedryf begin vestig.

ALSO READ: Mbombela Charity Golf Day will drive a fair way back into the past

PG en Berenice Oosthuizen.
PG en Berenice Oosthuizen.

Die aand was een van vele eerstes, aangesien dit ook Spoonful Café se eerste Afrikaanse vertoning was. Werner Botha, eienaar van Spoonful Café en Music Experience, was verheug om die venue stampvol te sien.

Die Laeveldse gehoor se entoesiasme het vir die duo ‘n onvergeetlike ervaring geskep. Botha hoop om nog vele soortgelyke vertonings na die Laeveld te bring.

“Om Henru en Schwabie vanuit Mosselbaai tot in Mbombela te kry, was persoonlik vir my ‘n droomgeleentheid. Om die aand saam met so baie vriende en nuwe gesigte te kon deel, het die hoop in my hart vir ‘n plaaslike musiekkultuur nuwe geloof gegee!” sê Botha.

ALSO READ: Kruger Park concert unites harmony and beauty of the bush

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Zane Botes

Zané joined the Lowvelder editorial team in 2026, bringing with her an Honours degree in Journalism and Media Studies from NWU. She covers community and sports news, with broader interests in crime and politics. Zané’s career is driven by a simple conviction: journalism exists to give people a voice, and that begins in your own community.
Back to top button