Editor's choiceHard newsLocal newsNewsNews

Soektog na man eindig tragies

Ten spyte daarvan dat mnr. Christiaan Barnard (36) reeds op Woensdag 28 September deur personeel van die hotel gevind is en hulle die Witbank-polisie verwittig het, het hulle sy verloofde, me. Felda Botha (28) eers Maandag 3 Oktober - vyf dae na sy dood - daarvan in kennis gestel.

LYDENBURG – ‘n Man van dié dorp wat op Dinsdag 27 September vermis geraak het, is reeds die volgende dag dood in sy hotelkamer in die StayEasy-hotel in Witbank gevind.

Ten spyte daarvan dat mnr. Christiaan Barnard (36) reeds op Woensdag 28 September deur personeel van die hotel gevind is en hulle die Witbank-polisie verwittig het, het hulle sy verloofde, me. Felda Botha (28) eers Maandag 3 Oktober – vyf dae na sy dood – daarvan in kennis gestel. Botha het hom verlede Donderdag by Lydenburg SAPD as vermis aangemeld. Volgens haar was hy op pad Johannesburg toe om voorraad vir sy besigheid te gaan haal.

“Christiaan se foon was af en ek kon hom glad nie in die hande kry nie. Ek het aanvanklik gedink dat hy moontlik net sy selfoonlaaier vergeet het. “Donderdag het ek hom egter as vermis gaan aanmeld. Hy het sy eie besigheid begin deur restaurante in Dullstroom en Lydenburg van kos en ander items te voorsien nadat die Dros Restaurant gesluit het.

Christiaan was ‘n bestuurder by dié restaurant en het verlede jaar September daar begin werk. Ek het in Desember hierheen getrek en het tot nou toe sy besigheid se administrasie behartig.” Barnard en Botha was vir die afgelope sewe jaar ‘n paartjie en het in 2014 verloof geraak. Sy het sy verdwyning op verskeie Facebook-bladsye geplaas.

Die inskrywing is oor die land heen gedeel. “Christiaan was ‘n dierbare man. Ek het hom geken. Hy was ‘n baie goeie en ‘n lojale mens. Ek dink nie dit het al heeltemal ingesink nie. Ons het mekaar baie liefgehad. Ons het drie hondjies en hulle is ons kinders. Ek weet hulle voel aan dat iets nie reg is nie.” Botha was oorspronklik van Mbombela en Graskop. Sy wil graag almal bedank wat gehelp het met die soektog na hom. “Baie dankie aan almal se ondersteuning, oproepe en SMS’e.

“Ek waardeer dit vreeslik baie. Daar was so baie mense wat gehelp het.” Op die oomblik, is die toekoms vir Botha onseker. Aangesien sy die administrasie van die besigheid gedoen het, sit sy nou sonder werk. “Ek sal nou moet werk en ‘n blyplek kry wat dierevriendelik is. Ek kan nie nog my honde ook verloor nie. Gelukkig is daar baie mense wat my ondersteun in die tyd.”

Botha het haar ongelukkigheid oor Witbank SAPD uitgespreek. “Ek was só kwaad. Na wat ek verneem het, het die hotelbestuurder die plasing oor Christiaan op een van Witbank se Facebookgroepe gesien. Hy het glo die polisie gebel Ondersoek na dood duur voort Vervolg vanaf bladsy 1 en vir hulle gevra hoekom ek nog nie in kennis gestel is nie.

As hulle (polisie) dalk agter was met hulle werk, kon hulle my tog die volgende dag gebel het, maar toe is dit Vrydag, Saterdag en Sondag. Intussen wonder ek of hy gekaap is, lê hy iewers in ‘n gat, is hy oraait? Soveel dae na die tyd.” Lydenburg SAPD se woordvoerder, kapt. Alfred Moela het bevestig dat hulle eers Maandagoggend van Barnard se dood ingelig is.

“Ons weet nie waarom ons eers Maandag van sy dood verwittig is nie.” Barnard se ouers bly in Knysna. Sy verassingsdiens vind Woendag om 12:00 in Pretoria plaas. Die plek van die troosdiens is nog nie bevestig nie. Die ondersoek na die oorsaak van sy dood is ook nog nie afgehandel nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button