WITRIVIER – Laerskool Witrivier-onderwyser mnr. Danie Hattingh moet op 7 Desember weer in die Witrivier Landdroshof verskyn weens die vermeende aanranding van ‘n skolier onlangs.
Hy word daarvan aangekla dat hy een van die skool se leerlinge aangerand het. ‘n Tienjarige seun het die voorval op 5 September by die skool en sy ouers aangemeld.
Die voorval, wat by die skoolkoshuis plaasgevind het, is deur die skool se beheerliggaam ondersoek. Beheerliggaaamvoorsitter
mnr. Jaco Weitz het Laevelder te woord gestaan.
Hy het gesê dat Hattingh die leerling gevra het om die eetsaal te verlaat as gevolg van beweerde wangedrag. Die beheerliggaamverslag het tot die slotsom gekom dat die seun nie aangerand is nie, maar buite die eetsaal gestruikel en geval het.
Lees ook: Skootrekenaar tydens pa en dogter fees gesteel
Lees ook: Buscor bus catches fire on campus
Die leerling sê weer dat Hattingh hom fisies te lyf gegaan het. Die provinsiale onderwysdepartement is van die voorval verwittig en ondersoek dit.
‘n Saak van aanranding is by die Witrivier polisiestasie oopgemaak en Hattingh se optrede is ondersoek. Die seun het intussen die skool verlaat en is, volgens sy ma, steeds erg getraumatiseer.
