Editor's choiceHard newsNewsNews

Sorgsentrum kry ’n splinternuwe baadjie

Die naam Lelievlei laat ‘n bitter smaak in skenkers, besighede asook lede van die publiek se mond en maak borge en donasies vanaf groter instansies onmoontlik.

LYDENBURG – Lelievlei-deurgangskamp se naam is geskrap en dié organisasie sal voorts as Soli Deo Gloria-sorgsentrum bekend staan.

Die besluit is gemaak nadat verskeie ongerymdhede deur die vorige bestuurslede die kamp bykans verwoes het. Die direkteure van Africa Lily Projects wat handel gedryf het as Lelievlei Krisiskamp, Elaine en Frik van Staden, het saam met Gerda, Marius Venter en Bernadette Kirsten begin werk om die voortbestaan van dié sentrum te verseker.

Volgens die nuwe direkteur, Gerda, is ’n belangrike besigheidsbesluit geneem om eerder ‘n nuwe niewinsgewende organisasie (NWO) te stig as om voort te gaan met die NWO wat as Lelievlei handel gedryf het.

“Daar is besluit om weg te doen met die naam Lelievlei, as gevolg van die slegte reputasie en antiklimaks wat deur die huidige bestuur en inwoners van Lelievlei onder die publiek en gemeenskap van Lydenburg veroorsaak is.

“Die naam Lelievlei laat ‘n bitter smaak in skenkers, besighede asook lede van die publiek se mond en maak borge en donasies vanaf groter instansies onmoontlik. Alle bates vanaf vorige skenkers aan die kamp op die perseel is deur die direkteure van Africa Lily Projects oorgedra na die direkteure van Soli Deo Gloria-sorgsentrum.”

Venter rig ‘n versoek aan die gemeenskap, maatskappye en skenkers om nie in die toekoms donasies of borge aan Chris Black, Tarina Davidson, Maritsa van Wyk of enige ander inwoner te oorhandig nie.

“Dit geld ook vir enige persoon wat sou voorgee dat hulle ‘n inwoner van die kamp of sorgsentrum is. Daar moet jaarliks aan die ouditeure Jones & Kie bewys gelewer word van alle donasies, borge of gelde wat deur die organisasie ingevorder en bestee is. “Die belange en welsyn van die goedgekeurde inwoners by die sentrum moet in ag geneem word.”

Nuwe bestuurslede is by die kamp aangestel. “Assessering gaan in samewerking met ‘n maatskaplike werker onder die inwoners gedoen word. Soli Deo Gloria-sorgsentrum het met ander welsynorganisasies in die dorp soos Solidariteit Helpende Hand, die Christelike Maatskaplike Raad, Godshome, Ratha, Lydenburg Dienssentrum, die AGS Kerk(e) en Bread of Life Ministries Rehabilitasiesentrum kragte saamgesnoer.”

Die elektrisiteit op die perseel van Thaba Chweu Plaaslike Munisipaliteit (TCLM) waar Lelievlei tans gevestig is, is steeds afgesny. Dit is ongelukkig as gevolg van die vorige wanbetaling. Daar word ernstig gepoog om dit so spoedig moontlik aangeskakel te kry voor die koue winter sy verskyning maak.

“Soos TCLM ons tegemoetkom met die grond, sal Soli Deo Gloria-sorgsentrum voorlopig op die perseel besigheid doen. Andersins sal daar ernstig op die uitkyk wees vir ander grond, geboue of ‘n perseel om die welsynswerk voort te sit.”

Venter sê dat daar reeds ‘n teenprestasieprojek gereed is vir die inwoners van die sorgsentrum. “Daar gaan aan selfrespek en menswaardigheid gebou word met die oog om ‘n verskil te wil maak en geholpe te kan word.”

Belangstelling, navrae, asook enige hulp en omgee kan aan Venter by 072-402-6595 gerig word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button