So kan jy jou troeteldier help wanneer hy gif ingegee word
Daar is verskeie maniere om tyd te koop tot jou dier by 'n veearts kan uitkom, sou hy gif inkry.

Daar is verskeie simptome wat na vore kom en die belangrikste is om so gou as moontlik jou hond aan die braak te kry.
Simptome van vergiftiging:
- Spiersametrekkings (bewe) en oormaat spoeg.
- Die dier gooi op en/of daar is bloeding in die braaksel of stoelgang.
- Die pupille van die oë bly klein selfs as daar min lig in die dier se oë skyn.
- Pols/hartklop is baie stadiger as normaal. (Normaal vir klein hondjies is rondom 160 slae per minuut; groot honde rondom 70 slae per minuut.)
- Daar kan stuiptrekkings voorkom.
- Die dier kan sukkel om asem te haal of na asem snak.
- Minder algemeen is oormatige urinering, verswakte spierfunksie of verlamming.
Wat om te doen:
- Dien een teelepel seeppoeier opgelos in ‘n koppie lou gekookte water met ‘n spuit toe, of dien 15ml waterstofperoksiedoplossing (B.P. 10 volume 3% m/m) stadig met ‘n spuit toe en laat die dier dit mondeliks inneem.
- Na braking, gee die dier vyf tot ses geaktiveerde houtskooltablette/pille (activated charcoal) wat by apteke te koop is, om die oorblywende gif in die maag te neutraliseer/absorbeer.
- Indien bogenoemde nie beskikbaar is nie, neem vier snye witbrood en verbrand dit tot houtskool in die oond. Maak effe klam met lou gekookte water en forseer dit stadig met die vinger agter in die hond se keel af en sorg dat hy dit normaal sluk.
- Dan moet jy ry om by die veearts te kom sodat daar vasgestel kan word watter gif dit was en ‘n teenmiddel ingespuit kan word.
Waarskynlike gifsoorte:
-
Two step of Aldicarb
By hierdie tipe vergiftiging word die teenmiddel atropien binne-aars toegedien. Bespreek vroegtydig hierdie moontlikheid met jou veearts. Die veearts sal jou ook kan adviseer oor die gebruik van kortisoon, vitamien B en antihistamiene soos Allergex en 10mg Phenergan.
-
Rottegif
Jy kan Kyrovite of vitamien K oor die toonbank bekom. Weereens bespreek die behandeling ook met jou veearts. Die inspuiting moet ook verkieslik binneaars toegedien word, andersins onderhuids. Die veearts sal jou ook kan adviseer oor die gebruik van kortisoon, vitamien B en antihistamiene soos Allergex en 10mg Phenergan.
-
Paddas
‘n Klein bietjie vleissagmaakmiddel (meat tenderiser) of pynappelsap of papajapoeier, asook die skil, kan in die mond gesmeer word in ‘n poging om die proteïenketting van die speeksel te breek. Braking kan beheer word met ‘n pediatriese Valoid-setpil (of ander middels geskik vir babas). Setpille word vinnig opgeneem en nie uitgebraak nie. Gee daarna vloeistof soos rooibostee, nartjiegegeurde Energade, water en/of bokmelk om self te drink.
Bogenoemde inligting is goedgunstiglik deur ACS Sekuriteit verskaf.
Lees ook:
Dog poisoning spree hits city’s residential areas
This dog loves to pose for selfies
Guy dresses up as dog’s favourite toy