
Nuwe inligting:
Van Niekerk is omstreek twee uur vanmiddag gevind. Volgens bronne is sy erg beseer maar stabiel. Die area waarin sy gevind is is nog nie bekend nie.
STEELPOORT – Patricia van Niekerk is gister (Donderdag 25 Mei) om ongeveer 09:00 in die Tweefonteinomgewing sowat 30km buite Steelpoort gekaap en ontvoer. Iemand het Vrydagoggend probeer om met haar kaarte geld in die staalbrugomgewing in Lydenburg te trek. Die motor is ‘n grys/houtskool kleur Nissan Terano 4×4 met regestrasienommer DHZ401L. Die laaste sein van haar selfoon is in die Ga-Maepa-omgewing in Jane Furse se rigting opgetel. Mense word gevra om asseblief op die uitkyk te wees. Indien jy by een van die spanne wil aansluit wat na haar soek, skakel Henry by 083-560-1273.
Plaas asb in Gilbert se boks, baie dankie!


