Local newsNews

Besoekers kry insig oor dié soet sitrus

Megaboer, Abraham van Rooyen het Saterdag Innibos-feesgangers op 'n uitstappie na sy plaas toe geneem om sy kennis oor dié gesogte vrug te deel.

Die ClemenGold-naartjie vang die hoek van ‘n vrugliefhebber se oog – hetsy dit op die winkelrakke óf op jou kombuistafel is.

Megaboer, Abraham van Rooyen het Saterdag Innibos-feesgangers op ‘n uitstappie na sy plaas toe geneem om sy kennis oor dié gesogte vrug te deel. Daar is tydens die ClemenGold Boerdery-toer onder meer vertel hoe daar vorentoe geboer word met verskillende kultivars, tydens vier veskillende stoppe op dié massiewe sitrusplaas.

Dit het onder andere ‘n besoek aan die onderstam-evaluasieblok, twee-jaar- en volwasse boompies asook oes- en na-oeshantering van vrugte ingesluit.

Laasgenoemde het besoekers toegelaat om ‘n sak vol vrugte saam huis toe te neem. Meeste het saamgestem dat hoewel dit vet pret was, dit veeleisend kan raak wanneer arbeiders in die middel van die seisoen tonne per dag moet pluk.

Tussendeur die proe van die verskillende kultivars, is algemene vrae rakende ClemenGold deur megaboere Abraham en Willem Kieviet beantwoord word.

Indigo Fruit is een van die min verskaffers van dié gesogte wondervrug. Suid-Afrika se eerste ClemenGold-boom is in Letsitele in Limpopo geplant terwyl die Laeveld se oudste boom slegs 11 is.

Wat dié sagte sitrus so vinnig van die rakke af laat vlieg, is oor dit basies saadloos is, maklik is om te skil, sagte vesel bevat en ‘n ongelooflike smaak het. Sy smaak word toegeskryf aan die perfekte balans tussen soet (brix) en suur (12:1).

ClemenGolds word gedurende Junie, Julie en Augustus gepluk, waarna dit na ‘n pakhuis in Burgersfort vervoer word waar dit sorteer, behandel en verpak word vir uitvoere. Ongeveer 17 produkte, wat enigiets van sjokolade tot konfyt en 100-persent natuurlike sap insluit, word van die produk gemaak. Die ClemenGold-handelsmerk is geskep om die hoë kwaliteit-Nadorcott se uitstekende waarde in die mark te verseker en om die handelsmerk wêreldwyd op te bou wat reeds bekend en vertroud is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button